Riaan & Jessica se Botaniese styl troue

Op hul troudag, 20 Maart 2017, het die aantreklike paartjie Riaan (25) en Jessica (24) eg aan mekaar gesweer en Jessica vertel dat hul geloftes aan mekaar die dag daarna beproef was!  Hul deel ook goeie advies vir paartjies wat wil reis op hul wittebrood.

Ons by Mooi Troues is gek oor die paartjie se trou dekor van groen en hout elemente met spook-stoele.  Die blomme wat uit die dak gehang het en ook as tafel lopers gedien het is besonders mooi.

Blaai deur die fotos onder en sien wat se styl troue jou R170 000 sou kos in Maart 2017.

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Ons het op ‘n sokkie dansvloer in Stilbaai ontmoet toe Riaan vir my gevra het vir ‘n dans.  Altwee van ons sou aanvanklik nie die aand daar gewees het nie, maar toe het ons daar op geëindig en mekaar gesien.  Ons het mekaar se geselskap so baie geniet dat ons die hele aand gesels en saam spandeer het.  Riaan sê dit was my glimlag wat hom aangetrek het.  Vir my was dit sy selfvertroue en “mal dans vaardighede”.  Nadat ons mekaar leer ken het, het die gevoelens ‘n hele ander dimensie gekry.

Wat was die styl van die troue en waar het jul julle inspirasie gevind?


Ons het ‘n “shabby chic” tema gekies vir die kleure en ons kleur skema was sagte blou, grys en groen.  Ons is plat op die aarde mense en ons wou ons persoonlikhede uitbeeld by ons troue.  Ek het my inspirasie op Pinterest gekry, maar Pippa Sharp van Wildeflower het my gehelp om my idees bymekaar te sit en het dit tot ‘n hele ander vlak geneem.  Sy is ongelooflik!

Was julle met wittebrood?


Ongelukkig was ons beloftes aan mekaar die volgende dag getoets.  Ek het in die hospitaal beland en ons het ons vlugte gemis, maar gelukkig kon ons later vakansie hou aangesien ons reisversekering uitgeneem het!

Ons was Mauritius toe, het op die strande gelê en tan terwyl ons skemerkelkies gedrink het.  Ons het saam wilde dolfyne geswem, saam plaaslike mense op die strand van ‘n onbewoonde eiland gebraai, ‘n katamaran bootrit gedoen na die eiland genaamd Ile aux Cerfs.  Ons het elke dag gesnorkel by verskillende koraalriwwe, na die plaaslike markies gegaan, water sports gedoen en baie lekker kos geëet.

Hoekom het julle die venue gekies?


Die venue het ‘n ongelooflike uitsig, die onafgewerkte kapel lyk soos ‘n droom, die onthaal was presies wat my tema gepas het en ek was verlief op die venue met eerste oogopslag.

Wat was julle trou begroting?


Ons het begroot vir R 170 000 en het op die einde ongeveer hierdie bedrag spandeer.  Dit sluit alles in: Die klere vir die bruid, bruidegom, kos, drank & alle fasiliteite op die venue (insluitende akkommodasie, kapel & koördinasie van die dag, eetgerei en breekware, tafels en stoele), die dominee, prokureurs, dekor en die blomme asook fotograwe en videograwe.  Basies alles waaraan mens kan dink.

Advies wat julle kan gee aan paartjie wat besig is om hul troue te beplan?


  • Verdeel take tussen bruid, bruidegom & gevolg.
  • Kies ‘n venue wat in pas by jou drome, dan hoef jy nie veel aan die saal te doen nie.
  • Lees die kontrakte goed deur om seker te maak wat ingesluit is en wat nie. Plaas alle ooreenkomste op skrif.
  • Probeer dekor en blomme sover moontlik self in die hande te kry.
  • As gaste lekker eet en dans, dan is die partytjie reeds ‘n sukses so maak seker hierdie aspekte kry goeie aandag.
  • As iemand in jou familie ‘n kreatiewe nutsman is, moenie skaam wees om hom/haar in te span nie.

Wat sou jul verander het as jul kon?


Absoluut niks nie!  Dit was die ongelooflikste sprokies-dag van ons lewens en ek wens ons kon dit net oor en oor doen.  Ek wil nooit daardie herinneringe verloor nie.  Mens moet verstaan dat alles in die lewe nie perfek is nie.  Daar sal altyd iets wees wat skeef loop, maar moenie jouself daaraan steur nie!  Die dag is blitsvinnig verby, jy moet net dit só baie geniet.


    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    [endsection]