Mooi Troues is opgewonde om die troue van Francois en Lindie-Lee met ons lesers te kan deel.
Francois & Lindie-Lee het in die Winter getrou. Die Winters kleure, donker wolke en nat grond het agtergrond geskep vir dramatiese mooi fotos. Die foto’s is vol inspirasie vir paartjies wat in die Winter wil trou. Wat ook besonders was aan die troue, is dat die paartjie twee onthale gehad het. Met hulp van vriende en familie, het hul mooi dag hul net R120 000 gekos.
Rol af en word geïnspireer deur die mooi foto’ss en die paartjie se manier van troue beplan.
Vertel ons hoe het julle ontmoet?
Ek, Lindie-Lee, het in Mosselbaai gebly en het by ‘n klere winkel, De Jagers, gewerk, ek het vir omtrent vier jaar gebid en vir die Here gevra vir ‘n nuwe avontuur, om Kaap toe te kom. Elke jaar het verby gegaan, en die deure het net toe geslaan een na die ander, toe een dag in Augustus van 2015, het ons Algemene Bestuurder van De Jagers se hoofkantoor vir ons kom kuier en het vertel van planne om nuwe winkels oop te maak by die einde van 2015, die een was ‘n winkel in Durbanville, en net daar het ek besef dit is nou my tyd. Ek het toe ‘n promosie gekry en binne ‘n maand was ek in die Kaap. Min geweet dat my man se Winkel net langs my winkel sal wees.
Ons het toe in November 2015 die deure van die nuwe winkel oop gemaak en ‘n paar dae later toe kom loer die oulike outjie in by die winkel om die openings winskopies te kom sien, 7 maande het verby gegaan, en al het ons langs mekaar gewerk, het ons glad nie mekaar weer raak geloop nie. Toe een dag, stap hy weer in, en van daar af is die res geskiedenis, ‘n jaar later is ons getroud.
Eienskappe van Francois wat my aantrek: Vir my was dit sy karakter, hy is a man van sy woord, is geduldig, altyd vriendelik met almal wat om hom is, en ek het altyd veilig by hom gevoel, ek kon hom vertrou met my hart. Ek is mal oor sy groot hande, sy manlike wenkbroue en mooi blou oe!
Eienskappe van Lindie wat my aantrek: Lindie het baie vreugde en sy straal liefde uit. Sy sit altyd ander mense eerste en hul behoeftes bo haar eie en sy is baie sensitief en gee om vir ander. En sy is natuurlik vir my die mooiste vrou op hierdie planeet!
Vertel ons van die styl van jul troue?
Ons het twee onthale gehad, eerste een was ‘n oop onthaal waar almal welkom was, dit was soos karnaval-fees gevoel, daar was ‘n limonade stalletjie met ‘n espresso Bar van Fleet Coffee en ‘n lang tafel met lekker vinger kosse en soet goed, ons het ook ons mooi trou-koek voor almal gesny. Francois se Ma het die onversierde koek vir ons gemaak.
Die tweede onthaal was baie intieme met ‘n warm familie gevoel, die styl was eklekties en warm. Dit was slegs vir familie en vriende gewees.
Hoekom het julle die venue gekies?
De Malle meul is in Philadelphia buite Kaapstad geleë en dit was ‘n ou Meul wat omskep was in ‘n restaurant en trou venue. Dit was perfek vir ons wat die warm intieme gevoel wou gehad het. Die plek het baie karakter en doen geensins voor wat dit nie is nie.
Was julle met wittebrood?
Ja, ons het ‘n klein pad-reis gedoen. Eerste drie dae in Hoedspruit by Unembeza Private Lodge, toe weer drie dae in die Drakensberge by Montusi Mountain Lodge en die laaste drie dae was toe in die Wildekus by Umgazi Spa & resort. Elke plek was baie spesiaal en ons was vreeslik bederf!
Advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?
Geniet elke oomblik, moenie stres oor die klein goedjies nie, die dag gaan so gou verby en niemand weet wat daar moet of nie moet wees nie.
Om die getalle reg te kry, wie om te sny en wie moet bly…dit was vir ons die moeilikste besluit.
Wat was julle trou begroting?
Ons troue het ons R120 000 gekos.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Illuminate Photography
- Trourok en Sluier: Tracey Bridal Gowns
- Venue: De Malle Meul – Philadelphia
- Troukoek: Francois se Ma
- Strooimeisies rokke: Self gemaak
- Trouring: ZVD Bespoke Jewellery
- Bruid grimering: Alicia Beck – GLOSS Make-up (Vriendin van die Bruid)
- Musiek: Baha entertainment
- Blomme: Elle Fleur
- Spyseniering: Eerste onthaal Vriende en familie, Tweede onthaal: Two Food fundies
- Hare: Lizeldi Samuels