Gilles & Zane se buitelug tuin troue

Gilles en Zane het hul droomdag ʼn realiteit gemaak – ʼn buitelug tuin troue vol geluk en liefde omring deur al hul vriende en familie.  Gaste het ingevlieg van heinde en verre om hierdie dag ekstra spesiaal vir die paartjie te maak.  Jy kan beslis die geluk sien op almal se gesigte wanneer jy deur die foto’s loer.  Dit is beslis die moeite werd om na te kyk!  Lees onder hoe die twee besluit het om hul hele konsep te verander nadat hulle hul trouvenue gesien het.  Let ook op die mooi, eenvoudige dekor wat hulle gebruik het, soos die Protea blom binne ʼn glas vaas op die tafel.

Mooi Troues is mal oor die gevoel van samesyn wat die feetjie liggies gee aan die venue.  Wees ook verseker om die paartjie se advies te lees wat hulle aan ander gee wat ook nou hul troue beplan. Hierdie is advies wat jy definitief sal kan toepas op jou eie paadjie na die kansel.

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Ons het ontmoet by ʼn partytjie, Gilles was nie genooi nie, maar het steeds opgedaag.  Hy het die fraaiste Sweedse aksent gehad.  Ons het later daardie week op ʼn afspraak gegaan en ek was stomgeslaan deur sy humorsin.  Hy is intelligent en kan met amper enige iemand gesels oor ʼn wye verskeidenheid onderwerpe.  Hy daag my uit en ons kan nuwe dinge saam ervaar en lag terwyl ons dit doen.

Ek is mal oor baie Zane soos ʼn akteur is, by sy werk en persoonlike lewe, hy maak soveel mal karakters op!  Hoe hy uit sy maag lag is vir my die fraaiste ding ooit.  Hy is baie lojaal en ʼn omgee mens, hy sal ook altyd daar wees vir sy familie en vriende maak nie saak wat nie.  Hy hanteer ook my familie met dieselfde hoeveelheid liefde en respek.  Ek is mal oor die feit dat ons werklik goeie vriende met gedeelde passies, maar bowenal ʼn paartjie kan wees.

Wat was die styl van julle troue en hoekom het julle die venue gekies?


Aanvanklik wou ons ʼn dak troue gehad het, maar kon nie regtig insien hoe die venues wat ons besoek het sou werk vir ons nie.  Ek het toevallig die Toadbury Hall gesien en het onmiddellik daarvan gehou.  Hulle het wonderlike akkommodasie wat perfek was omdat so baie van ons gaste ingevlieg het vanaf Kaapstad, Switserland, Nepal en Pakistan.  Die venue het ons akkommodeer in soveel aspekte en ons die geleentheid gegee om areas wat vir ons aanloklik was te kon gebruik.  Op die ou end het ons besluit om ʼn buitelug tuin troue te hou met lang tafels en hope feetjie ligte onder die sterre.

Ons wou aanvanklik dinge ook baie onkonvensioneel laat verloop het, maar het toe ʼn redelike tradisionele troue gehad.  Twee van ons vriende het die seremonie gehou, tesame met ʼn seremonie meester, dit was pragtig gewees.  Ons het ook verskeie toesprake van vriende en ouers gehad gedurende die ete, dit was fantasties gewees.

Ons het ons venue gekies as gevolg van die pragtige buitelug areas.  Die tuin en meer het ons finaal oortuig dat dit die plek is waar ons wil trou.  Dit was ook moontlik om die hele venue te huur asook akkommodasie vir die gaste.  Laastens was die venue se koördineerder, Sue, ʼn baie vriendelike mens en aangenaam gewees om saam met te werk.  Ons het net geweet dat hulle alles en meer sou doen om ons dag spesiaal te maak.

Was julle op wittebrood gewees?


Ons het twee en ʼn half wonderlike maande spandeer in Viëtnam en Cambodia.  Ons het net die vlugte geboek na Asië en terug huis toe en van daar af die hele vakansie improviseer tussen in.  Dit was ʼn ongelooflike kook en kulturele ervaring.  Ons het drie dae spandeer om motorfietse te ontduik in Ho Chi Minh stad en daarna het ons na ʼn geïsoleerde strand gegaan vir ʼn paar dae.  Dit was net ongelooflik gewees.  Julle kan hier kyk na ons wittebrood hoogtepunte – Honeymoon highlights

Ons het besluit om ʼn rugsak-uitstappie wittebrood te beleef en het slegs ʼn klein hoeveelheid klere saam met ons gedra.  Die natuurskoon van Cambodia en Viëtnam en al ons avonture was so ongelooflik!  Ons sal nooit ons toer rondom die bromponie-kus vergeet nie!

Wat sal julle verander aan die dag as julle kon?


Ek sou nie enige iets verander nie.  Ons mikpunt was om ons geliefdes by ons te hê en die dag te vier en dis presies wat ons gekry het.  Ons kon regtig vir niks meer gevra het nie.

Om heeltemal eerlik te wees, die dag het so goed gegaan dat ek niks sou verander nie.  Dalk het ek nie die klein foutjies gesien nie, omdat ek so baie gehuil het gedurende die dag en die feit dat iemand vir my Tequila gegee het kon ook bygedra het daartoe…

Watter advies het julle vir ander wat ook hul troue beplan?


Onthou dat dit jou groot dag is.  Jy kan die dag aanpas om presies te wees wat jy ingedagte het.  Kry advies van ander, maar onthou om jou eie stempel af te druk.  Dinge kan baie stresvol raak in die weke voor die troue, so maak tyd om  tyd met mekaar te spandeer en weer rustig te word.  Maak afsprake vir net julle twee waar julle oor alles behalwe die troue gesels.  Wanneer julle ook begin om die stres te ervaar, sit bietjie terug en dink oor al die liefde rondom julle en hoe ongelooflik dit gaan wees om al julle familie en vriende bymekaar te kry om hierdie verbintenis van  julle te vier.  Moenie uit die oog verloor waaroor hierdie hele storie eintlik gaan nie.

Op ʼn meer praktiese noot, ken spesifieke take toe op die dag aan hegte vriende en familie.  Bv. een persoon om almal te roep vir groep foto’s en ʼn ander een om te kommunikeer met die koördineerder ens.

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]