Luke en Katie het ʼn pragtige strand troue by Saldanha gehad, waar Katie haar grootword jare spandeer het. Hulle het elemente soos olyf stokke inkorporeer by die blomme om hul professies, wat sjefs is, uit te beeld. Só het hulle die troue eie aan hulself te maak. Dit was ʼn pragtige geleentheid wat by Blue Bay Lodge plaasgevind het met blomme wat hang bo die tafels in plaas daarvan om die tafels oorvol te maak met ruikers wat daarop staan. Let ook op hoe die bruid se trourok perfek was vir ʼn strand troue omdat dit nie te gestruktureerd was nie. Dit was gemaklik genoeg om op die strand te baljaar vir ʼn fotosessie.
Kyk onder na die paartjie se pragtige foto’s op die strand, hulle lyk so gelukkig dat jy self ook sommer wil glimlag! Gaan kyk gerus ook na hul troudag video wat perfek die dag se geluk en liefde vasgevang het van begin tot einde.
Hoe het julle ontmoet en watter eienskappe lok jul na mekaar?
Ons het agt jaar gelede ontmoet by die One & Only Hotel in Kaapstad, beide van ons het gewerk in dieselfde restaurant. Dit het ʼn paar maande geneem voor ons mekaar gesien het omdat beide van ons in verhoudings was op daardie stadium. Kort daarna het ons mekaar begin sien en het nooit terug gekyk daarna nie. Die kwaliteite wat ons tot mekaar aangetrek het was ons passie en liefde vir kos asook ons soortgelyke familie waardes.
Wat was die styl van julle troue?
Die venue wat ons gekies het was Blue Bay Lodge in Saldanha omdat my pa se familie daar woon en ons so baie vakansies daar spandeer het tydens ons grootword jare. Die venue is by die see en het ʼn natuurlike fynbos landskap gehad wat ons graag wou inkorporeer deur die hele troue se dekor. Ons het ʼn familie-styl spyskaart gehad en moes daarom die dekor op die tafel baie minimalisties gehou het. Ons wou graag die olyf takkies inkorporeer in die dekor as gevolg van ons sjef-agtergrond en liefde vir kos.
Was julle op wittebrood gewees?
Ons wou die wittebrood ʼn geheim hou en daarom het Luke alles beplan. Hy het my op ʼn kos-verkennings reis geneem deur Italië en Frankryk, dit was ongelooflik!
Wat sou julle verander as julle kon?
Absoluut niks, dit was ʼn ongelooflike dag gevul met herinneringe wat ons verewig sal kan koester.
Watter advies het julle aan ander paartjies wat hul troue beplan?
Moenie stres oor die klein dingetjies wanneer julle die troue beplan nie, dit is net een dag, jou vriende en familie sal almal bymekaar kom om te help indien dit nodig is. Aanvaar ook die hulp, julle kan dit nie alleen doen nie. Die dag gaan ook ongelooflik vinnig verby, probeer om alles in te neem op die dag en neem ʼn oomblik om as paartjie die dag in te neem en alleen daaroor te gesels.
Wat was jul begroting en het jul daarby gehou?
Ons het rondom R350 000 spandeer aan die troue.
- Trou Venue: Blue Bay Lodge
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Videograaf: Handstitched
- Fotograaf: Dearheart Photos
- Hare: Jeanette Genia
- Grimering: Algria Ferreira
- Trou koördineerder: Event Interiors
- Platejoggie: That DJ Guy
- Orkes: Rivertones
- Blomme: Foraged
- Spyseniering: Red pepper catering