Hlony & Inaeng het geweet dat hulle graag ‘n buitelug troue wou hê, maar geen idee gehad waar om dit te hou nie. Nadat hulle die pragtige Gelukkie venue gesien het, het die twee sommer daar en dan besluit dat dit die perfekte venue vir beide van hulle sou wees om by te trou. Kyk na die twee se pragtige strand foto’s onder asook die mooi dekor wat net genoeg is om ‘n sagte fokus punt te vorm binne die venue.
Vertel ons hoe het julle ontmoet?
Ons het ontmoet in Desember 2007 in Kroonstad, Ek was met vakansie van Kaapstad af en het by my ouma kom kuier. Hy het met die kassier by ‘n musiek winkel ‘n weddenskap gehad dat hy my sou kon onder kry met sy sjarme en my nommer neem, ons het toe nommers uitgeruil, maar hy het vergeet van my. Ek het toe ‘n week later besluit om hom te bel en van daar af het ons ‘n sukses gemaak van ons langafstand verhouding vir die afgelope agt jaar. Ek hou van hom omdat hy ‘n vars briesie is binne ‘n klein dorpie, hy is sjarmant en meer as enige iets anders kan hy my maak lag, ek is ook mal oor sy glimlag! Sy was soos ‘n ui met baie lae wat my geïnteresseer het en dit was fassinerend hoe sy haar self met selfvertroue gedra het.
Wat was die styl van die troue en waar het jul julle inspirasie gevind?
Ons het verloof geraak op ‘n warm lug-ballon op my verjaarsdag. Twee jaar vantevore het ons opgebreek rondom hierdie tyd. Dit was vir hom belangrik om die gevoel rondom hierdie tyd te verander. Ons het geweet dat ons ‘n buitelug troue wou gehad het, maar was onseker oor wat ons wou doen. Soos tyd aangestap het, het die strand meer en meer natuurlik gevoel. Dit was weg van ou foute en die begin van ons nuwe lewens saam.
Gelukkie Venue se webtuiste het ongelooflik gelyk, maar ons was bekommerd dat dit nie so goed sou lyk as in die foto’s nie. Die dag toe ons wel die venue besoek het, het ons net verlief geraak daarop. Ons het sommer gevoel of ons net daar en dan kan trou! Dis ‘n asemrowende venue met die beste personeel. Omdat ons ‘n paartjie is wat vanaf Pretoria kom met baie min riglyne vir die troue, het ons ons vertroue in die Gelukkie span gesit. En hulle het ons omtrent beïndruk, ons het basies net opgedaag vir die troue. Die akkommodasie wat by die trou venue was, was ook ongelooflik mooi en ons het selfs ‘n ekstra dag aangebly net om dit behoorlik te kon geniet het.
Was julle met wittebrood?
Ons moes ongelukkig ons wittebrood uitstel omdat ons oupa oorlede is die dag van ons troue. Hy is die rede dat ons glo ons die mooiste weer gehad het op die dag van ons troue, as gevolg van sy ouderdom het hy sy sig verloor, maar het vir ons die mooiste troue gegee om te sien. Elke keer as ons na mekaar kyk onthou ons hierdie laaste seën wat hy aan ons gegee het.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee wat besig is om hul troue te beplan?
Kry ‘n venue met toegewyde personeel wat gesteld is op die klein besonderhede, wat oop is vir nuwe idees en gewillig is om jou dag perfek te maak. Gelukkie het die hele pakket. Hulle het ‘n koördineerder, dekor en blomme asook spyseniering. Hoe meer die venue kan doen in terme van beplanning, hoe beter is dit vir jou en jou stresvlakke. Maak ook seker dit het ‘n wittebrood suite. Dit is ‘n goeie idee om ‘n dag ekstra aan te bly om dit behoorlik te kan geniet.
Wat was julle trou begroting?
Ons begroting was R60 000. Op die uiteinde het ons R80 000 op die hele troue spandeer.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue, spyseniering, blomme en dekor: Gelukkie
- Fotograaf: Lara du Plessis Photography
- Grimering: The Red Chair Langebaan
- Koek: A Cake Story
- Rok: Bridal Wardrobe PTA