Trou Beplanning Advies Stap 8 van 12

Mooi Troues se lesers kan ons 12-stap trou beplanning advies reeks van artikels volg wat maandeliks op Mooi Troues gepubliseer sal word.  In hierdie advies artikels gee ons vir jou elke maand ʼn lys van items waaraan jy moet aandag gee.  Ons het die trou beplanning opgebreek in kleiner stukkies, sodat dit nie só oorweldigend is om alles op eenslag te lees nie.

Om ʼn troue te beplan is baie stresvol, veral as jy ʼn selfdoen troue wil hou.  Mooi Troues help jou om dit maklik en stresvry te doen met ons reeks opvolgende advies artikels.  Klik hier vir meer advies artikels.

Ons het die vorige keer die sewende van ons twaalf maande trou beplanning aftiklys gedeel.  Teen die tyd moes julle al meeste van jul trou diensverskaffer bespreek het.  Dinge behoort nou bietjie meer struktuur te kry en die vloei van die trou beplanning moet al bietjie meer aan die gang wees.

As julle nog nie die punte in ons vorige artikels gedoen het nie, moet nie stres nie, jul kan dit doen teen jul eie spoed.  Hierdie artikels is slegs ʼn riglyn vir jou om te gebruik om jou troue minder stresvol te maak deur ʼn jaar voor die tyd al met die beplanning proses te begin.  Daar is paartjies wat daarvan hou om hulle troue in korter tydperke te doen, met bietjie meer stres.  Daar is niks fout daarmee nie.

Vir ons agste artikel van ons 12-stap trou stap trou beplanning advies reeks, rol af.

Wat jul teen die tyd moes gedoen het:


As julle nog nie begin beplan het aan jul troue nie, moet nie stres nie, daar is altyd genoeg tyd.  Dit beteken net dat julle meer moet doen oor ʼn korter tydperk.  Dit is nie onmoontlik nie, julle sal net meer moet fokus en aandag gee aan julle trou beplanning proses.

Onder is ʼn riglyn van min of meer wat jul teen nou al moes gedoen het as julle ons 12 stap reeks volg:
  • Die Begroting moet nou al gefinaliseer wees, sodat jy weet waarop jy wat kan spandeer.
  • Trou Datum van julle troue.  Dit moet definitief al gefinaliseer wees.  Sonder ʼn datum kan julle niks bespreek nie.
  • Venue vir jul troue moet teen die tyd al gefinaliseer wees.  Onthou om jou deposito te betaal en ook die kontrak baie noukeurig deur te lees voordat julle dit teken.
  • Bekende Trou Diensverskaffers moet teen die tyd al bespreek wees.
  • Fotograwe en Videograwe moet nou al bespreek wees.
  • ʼn Idee hê van die dekor styl waarvan julle hou, asook die algehele styl van die troue.
  • Julle troue moet al verseker wees.
  • Finaliseer die gastelys van buitelandse gaste.
  • Finaliseer trourok keuses.
  • Finaliseer die bruidegom se pak.
  • Seremonie besonderhede bespreek.
  • Ontmoet met jul huweliksbevestiger.
  • Platejoggie, klank en musiek moet al bespreek wees.
  • Finaliseer verblyf opsies.
  • Maak kortlys van dekor items vir huur.
  • Finaliseer die troukoek.
  • Beplan en bespreek die wittebrood vooruit.
  • Repetisie aandete planne moet al begin het.
  • Trou skryfbehoefte ontwerpe gefinaliseer het.
  • Spaar die datum kaartjies moet uitgestuur wees.
  • Grimering en Haarstilis moet bespreek wees.
  • Lys van dinge om te doen vir buitelandse gaste.
  • Verlowing fotosessie moet bevestig wees.
  • Vervoer vir jul trou gaste moet bespreek wees.
  • Danslesse bespreek en bywoon.
  • Musiek keuses lys vir jul troudag.
  • Spyseniering.
  • Paspoorte en Visas (indien nodig).
  • Troukoek gefinaliseer het.

Finaliseer jul Diensverskaffers databasis:


Ons advies aan alle paartjies is altyd om ʼn lys van al julle potensiële en ook bevestigde trou diensverskaffers te hê.  So kan julle afmerk wie is klaar bespreek en wie nog bespreek moet word.  Julle kan dit ook gebruik om notas te maak soos betaling strukture ensovoorts.   So hou julle kop van wat presies aangaan sonder om oorweldig te voel.

Mooi Troues se Trougids is propvol professionele trou diensverskaffers as julle opsoek is na diensverskaffers vir jul troue.  Daar is alles, van trou venues, trou fotograwe, grimering en hare, tot aanlyn winkels.

Bruidegom se uitrustings:


Finaliseer die bruidegom en sy strooijonkers se uitrustings.  Maak seker hulle pas dit aan ten minste ʼn maand voor die troue, om seker te maak die pakke pas wel.  Moet nie net ʼn pak koop op ʼn mate nie.  Gaan eerder in na die winkel en maak seker die pak sit perfek.  Indien dit mooi sit, maar klein verstellings benodig, beveel ons aan julle laat doen dit sommer of kry iemand om die verstellings vir julle professioneel te doen.

Bruid se bykomstighede:


Bykomstighede sluit dinge in soos juweliersware, kousbande, oorbelle, ʼn warm baadjie en gemaklike skoene om te dans en ook vir die fotosessie ensovoorts.  Hierdie bykomstighede mag dalk na niks klink nie, maar as julle dit bymekaar tel, sluit dit baie dinge in.  Maak seker julle maak ʼn lys van bykomstighede wat julle aan kan dink.  So kan julle maklik af tik wat julle klaar gedoen het.

Troupant:


As julle nog nie jul trouring laat ontwerp het nie, is dit nou die perfekte tyd.  Hoe vroeër hoe beter, veral as julle baie spesifieke ontwerp elemente het.  Onthou, juweliers is ook kunstenaars en om ʼn meer gekompliseerde kunswerk aanmekaar te sit neem meer tyd.  Onthou om heel eerste julle trouring te verseker, sodat julle meer gerus voel.

Dink aan gaste geskenke:


Teen die tyd weet jy al presies wie kom na julle troue toe en wie nie.  Daar mag dalk laaste minuut kansellasies wees, maar dit is baie skraal.  Begin solank rondkyk vir oulike gaste geskenke binne jul begroting.  As julle iets selfdoen wil doen, sal jul nou al moet begin werk daaraan, want die tyd vlieg baie vinnig en as julle weer sien is dit jul troudag.  Gaste geskenke is nie ʼn moet nie, so as julle nie gaste geskenke wil hê nie, is dit perfek.

Geskenk register:


Oh, hierdie deel hou ons baie van – ʼn geskenk register vir jul troudag.  Elke paartjie wil graag ʼn geskenk kry vanaf hul trou gaste, familie en vriende.  Alhoewel dit nie ʼn moet is vir gaste om vir die paartjie ʼn geskenk te koop nie, is dit altyd ʼn oulike bonus.

Daar is baie fisiese winkels en aanlynwinkels wat trou geskenk registers beskikbaar het.  Van klein winkels tot groot kettingwinkels.  Party gee tot ʼn bonus geskenkie of geskenkbewys as baie van jul gaste van jul geskenk keuses by hul koop.  So kry julle daardie ekstra bonus.

Wanneer julle ʼn trou geskenk register registreer, maak seker julle weet wat die besigheid se bepalings en voorwaardes is.  Sit ʼn kombinasie van goedkoper en duurder items op, sodat al jul trou gaste ietsie kan bekostig.

Artikel Krediet:

  • Foto’s: Pexels
  • Artikel: Mooi Troues