Niël en Anzelle het mekaar leer ken as studente, min wetend dat hulle eendag man en vrou sou word. Die twee het ‘n eenvoudige kleurskema gehad vir hul troudag wat opgesmuk was met ‘n blom-tema wat dwarsdeur die troue geïnkorporeer was. Die blom-bedrukte servette het gesorg dat die tafels nie te wit lyk nie en verder ook die blom tema uitgebeeld. Lees ook onder meer oor hoekom hulle spesifiek die venue gekies het en ander slim raad wat hulle te gee het as paartjie.
Vertel ons hoe het julle ontmoet?
Ek was ʼn eerstejaarstudent in sy tuisdorp waar hy ook student was. Hy het gereeld kom kuier vir sy vriend wat langsaan my gebly het. ʼn Kort ontmoeting het later gelei tot lang Whatsapp-gesprekke en die res is geskiedenis. Ons belangstellings en persoonlikhede is baie eenders en dus het ons van die begin af onmiddellik gekliek.
Wat was die styl van die troue en waar het jul julle inspirasie gevind?
Ons het by Kronenburg Estate in Paarl getrou. Ons was van die begin af mal oor die eenvoud en skoonheidsgevoel van die venue. ʼn Groot pluspunt was die feit dat die venue baie naby aan ons tuisdorp, Wellington, geleë is. Gerieflikheid was dus vir ons ʼn belangrike punt waarna ons gekyk het voordat ons ‘n finale keuse gemaak het. Ons het nie ʼn spesifieke styl vir die troue gehad nie, maar ons idee vir die troue was sagte eenvoud. Dus het ons pastelkleure van pers en pienk gebruik, tesame met roosgoud. Ons het ʼn blom-tema gehad en het dié tema dwarsdeur die troue getrek – vanaf die uitnodigingskaartjies tot by die servette op die tafels.
Was julle met wittebrood?
Vir sewe dae het ons die pragtige Mauritius-eiland besoek. Ons hotelkamer het reg op die see uitgeloop en ons kon met die geluid van branders aan die slaap raak. Ons het soveel moontlik die eiland probeer ontdek en het onmiddellik verlief geraak op die paradys van ʼn plek. Die mense was vriendelik, die kos was heerlik en die atmosfeer altyd ontspanne. Dit was werklik só idillies soos wat dit altyd lyk op foto’s in die tydskrifte.
Wat sou jul verander het as jul kon?
Daar is nie iets wat ek aan ons troudag sou verander het nie. Ons albei is gemaklike mense en dis presies wat ons vir die troue wou hê.
Advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?
Dit is immers jul dag, doen wat julle wil en reël dit soos julle daaroor gedroom het. Nooi die mense naaste aan jou en dié met wie jy gereeld kontak het. Google, Pinterest, Instagram en bruid expo’s is altyd ʼn groot hulp. Die kos was vir ons die heel belangrikste aspek en fokuspunt van die groot dag. Mense wil graag lekker eet op geleenthede soos troues, daarom het ons besluit op eg tradisionele boerekosse wat almal ken. Waak teen te min kos en sny eerder êrens anders op julle begroting sodat daar genoeg is vir ʼn tweede porsie vir die wat sou wou hê. Moenie te veel geld spandeer op die spyskaarte, dankie-sê kaartjies en –geskenkies op die tafels nie. Mense gee slegs ʼn paar minute aandag daaraan en lê die goed daarna net die tafels vol.
Wat was julle trou begroting?
Ons was baie geseënd deur ʼn gemaklike begroting te kon hê en is ons ongelooflik dankbaar vir die ondersteuning van ons familie en vriende in daardie opsig. Ons was wel aan die einde van die dag ʼn bietjie oor ons begroting. Al die klein goedjies waaraan jy nie vooraf dink nie raak later ʼn kleinhuisie vol geld.
- Bruidsmeisies-rokke: Hoiden Bridesmaids
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue & kos: Kronenburg Estate
- Dekor en blomme: Mint & Mongolia
- Fotograaf: Anel Nortier Photography
- Platejoggie en fotohokkie: DJ Dean SA
- Rok: Anri Ham Bridal Wear
- Hare: Linelle van Niekerk
- Grimering: Miene Dames van MD Makeup
- Koek: Elni Le Roux