Cassandra en Diaan het hul pragtige plaastroue by De Uijlenes gehou. De Uijlenes het van die mooiste akkerbome waaronder mens kan trou. Veral as jy mal is oor die natuur en graag ʼn troue wil hê wat die natuurlike element in het.
Ons is mal oor Diaan se pak wat hy aanhet, nie enige iemand is so bevoorreg om in so ʼn formele pak te kan trou nie. Vir Cassandra en Diaan was die belangrikste dat hulle hul plaastroue geniet. Ons kan dit sien in die foto’s wat die talentvolle Taryn Ward geneem het. Ons is gaande oor die foto’s waar Cassandra en Diaan op die gras lê en hulself geniet. Rol af en geniet die paartjie se plaastroue.
Hoe het julle ontmoet, en hoe was die verlowing?
Ek en Diaan het deur gemeenskaplike vriende ontmoet toe ons nog op skool was. Ons het ons 10 jaar herdenking gevier net 4 maande voor ons troudag. Ons het verloof geraak in Greyton. Ek en Diaan is vir die naweek weg soontoe nadat ek blykbaar elke plan wat hy beraam het om my te vra in die wiele gery het. Ek het geweet die tyd is naby en reël toe sommer self vir ons ʼn naweek weg, min wetend dat ek weereens sy planne opfoeter. Hy het my langs die rivier gevra om te trou, onder die bome met die water wat saggies loop in die agtergrond. Dit was baie romanties en spesiaal.
Hoekom het julle besluit op die trou onthaal?
Ons wou graag ʼn onthaal gehad het wat baie eenvoudig is en ek wou baie graag buite trou. Ons onthaalplek (De Uijlenes) het die mooiste woud en die grootste akkerboom waaronder jy kan trou. Dit was perfek! Die onthaalsaal is ook lekker groot en ruim, dit is baie rustiek ook, wat presies is waarna ons gesoek het. Verder kon al die gaste (teen baie billike pryse) by die onthaalsaal slaap, so niemand hoef toe na die tyd huis toe te ry nie. Staci en Flippie (ons gashere) was wonderlik. Hulle het so baie gehelp en die kos was fantasties!
Wat het julle gedoen vir julle wittebrood?
Ons was Kata Beach in Phuket, Thailand toe. Diaan het alles ʼn verrassing gehou! Ek het niks geweet tot ons die aand na ons troue in ons kamer gesit het en ons geskenke en kaartjies begin lees het nie… een van ons gaste het dit perongeluk laat glip… “Geniet Thailand!” (seker nie gedink ons gaan die kaartjies toe al lees nie). Maar ek was nogsteeds baie opgewonde! Wie sou nie wees nie?!
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Taryn Ward Photography
- Grimering: Marize Louw Make Up
- Onthaal: De Uijlenes Forest Venue
- Koek: Elria De Swardt
- Rok: Ever After Bridalwear
- Strooimeisies Grimering: Tammy Van Rohmberg
- Strooimeisies Rokke: Isabella’s Bridal
- Dominee: John Cominos
- Musiek: Overberg Sound and Lighting