Devan & Ona se moderne romantiese troue

Devan en Ona het al voorheen verskyn op Mooi Troues met hul verlowing fotosessie wat ons gedeel het en julle kan hier na die fotos gaan kyk, Devan & Ona se strand verlowing

Hul verlowing fotosessie was ʼn kontras met see tot die wynland gevoel van hul troue.  Ons by Mooi Troues is gek oor die dekor van hul troue en deel dit graag met ons lesers wat vir ʼn meer modern romantiese vintage en rustiek gevoel wil gaan.

Die Boergondië kleur werk perfek saam die die Herfs kleure van die wingerde.  Die ruikers van Ona en haar strooimeisies het ook ʼn tikseltjie Boergondië kleurige blomme in vir plof van kleur.  Ona het beeldskoon gelyk met haar donker hare, ligte vel en Boergondië kleur lippe.

Geniet die fotos en vind inspirasie in die troue.

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Ons het ontmoet deur ʼn gesamentlike vriendin wat aangedring het daarop dat ons mekaar moet ontmoet.  Ek, Ona, en my vriendin besluit toe ek moet eerste skuif maak en daar stuur ek ʼn Facebook vriend-versoek.  Devan het vinnig aanvaar en van daar af was ons onafskeidbaar.

Ona se sagte hart en warm, vriendelike persoonlikheid.  Natuurlik het daai glimlag en pret, liefdevolle persoonlikheid het my hart oorwin en die feit dat sy ʼn vrou van God is.

Devan se menswees en omgee, sy standvastigheid en positiewe uitkyk op die lewe het my dadelik oorwin en natuurlik dat hy ʼn man van integriteit is…..en daai diep blou oë het my hart gesmelt.

Vertel ons wat was die inspirasie vir die tema van jul troue?


Die styl van die troue was vintage/rustiek met ʼn romantiese gevoel.  Die inspirasie was ek self, ek wou net my en Devan se persoonlikhede uitbeeld met ons troue.  My skoonsus wat al die dekor en blomme gedoen het, het presies dit weerspieël in die tema…warm, intiem en ʼn romantiese atmosfeer.

Ons het die 401 Rozendal gekies a.g.v die intieme, warm gevoel en die rustieke voorkoms.  Karakter was geskep deur verskillende vertrekke wat als vasgevang het wat ons wou hê. die mooi landskap van die wingerd en herfs kleure het net bygedra tot die gehele prentjie.

Vertel ons van jul wittebrood


Ons was op ʼn 3 weke wittebrood waar ons dele van Europa getoer het.  Italië en Griekeland was die hoof plekke waar ons was.  Dit was ʼn ongelooflike ervaring waar ons mekaar so geniet het en waar ons alles wat mooi en lekker was saam kon inneem en geniet.  Dit was so romanties en pret.

Advies aan paartjies wat nog hul troue beplan?


  • Bly by die begroting maak nie saak wat nie.
  • Hê 2 aparte begrotings, een vir troue en een vir wittebrood.
  • Maak voorsiening vir 20% groei voor die tyd.
  • Stel ʼn lys van als wat gedoen moet word tot op die fynste detail en kry groot goed verby.
  • Fokus op mekaar en die dag en vergeet van die res. dit was wat ons troue spesiaal gemaak het.
  • Goeie venue, kos, platejoggie en fotos om die dag te onthou.
  • Dit was moeilik om aanpassings te maak om by begroting te bly.
  • Dit was warm op die dag, so maak voorsiening vir water en verfrissing lappies
  • Tyd is baie belangrik en bly by skedule om seker te maak jul draai nie later êrens was en moet iets oorslaan nie.

Wat was jul begroting vir jul troue?


Ons trou begroting was R260 000

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Fotograaf en Kinematiese video:  Rentia Smith Photography
  • Dekor & Blomme:  Aartsappel
  • Venue:  401 Rozendal, Stellenbosch

[endsection]