Christiaan & Michelle se plaastroue by Florence Gasteplaas

Die verlowing fotosessie van Christiaan en Michelle was al voorheen op Mooi Troues gedeel en hulle het 19 November 2016 getroud geraak.  Klik hier om na Christiaan & Michelle Se Verlowing te gaan kyk.

Op hul troudag was die fotosessie ‘n mengsel van plaas en woud.  Ons by Mooi Troues is versot op die fotos wat tussen die lane bome geneem was.

Die blomme van Christiaan en Michelle se venue was asemrowend; Krismisrose wat uit die dak hang en blomme wat drapeer van die tafel tot die grond.  Florence Gasteplaas bied klip mure en oop sink dak met balke wat dadelik ‘n rustiek en warm atmosfeer gee vir ‘n romantiese plaastroue.  Daar is ook slaapplek vir gaste reg op die plaas.

Michelle se strooimeisies het ook beeldskoon gelyk in rokke van The Maiden, wat weereens bewys dat strooimeisies nie dieselfde kleur rokke hoef te dra nie.

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Ons het mekaar die eerste keer by Zambezi se go-kart baan ontmoet, maar dit was eers ʼn paar maande later wat ons mekaar raak gedans het by ʼn troue.  Michelle se beeldskoonheid was  vir my onvermydelik.  Christiaan se sjarme en spontaniteit het my oog gevang. ʼn Goeie vriendskap het ontwikkel en verander in ewige liefde.

Advies aan paartjies wat nog hul troue beplan?


Tyd gaan so vinnig verby, geniet elke oomblik!  Probeer om soveel as moontlik op julle troudag in te neem, dit gaan so vinnig verby.  Niemand behalwe julle weet hoe die blomme, tafels en koek moes lyk nie, so moet nie te veel daaroor stres nie.

Vertel ons van jul Wittebrood?


Christiaan het my verras en my lekker bederf met ʼn opwindende wittebrood in Mauritius.  Deur gebruik te maak van hulle publieke vervoer en ʼn bromponie, het ons die hele eiland verken.  Die hoogtepunt van ons wittebrood was ʼn dag uit op ʼn Katamaran.

Hoekom het julle die Venue gekies?


Florence Guest Farm is in die perfekte omgewing geleë om herinneringe te skep wat ‘n leeftyd sal hou.  Ons het na verskeie venues gaan kyk, maar toe ons Florence Guest Farm  sien het ons geweet dit is waar ons wil trou.  Florence Guest Farm het ʼn rustiek en warm plaas gevoel, wat ons  tuis en gemaklik laat voel het.  Daar is slaapplek vir die gaste op die venue en dit was vir ons besonders spesiaal om die Sondag oggend saam met al ons gaste te kon ontbyt eet.

    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    [endsection]