Colin & Marcelle se troue

Marcelle se grootste droom was om met Colin te trou en het waar geword die dag toe hulle die knoop, in Bloemfontein, deurhaak by A Lodge at Bloem.  Die paartjie het gebruik gemaak van natuurlike elemente, soos hout en rou bakstene, om die natuurskoon van die venue te komplimenteer. Op die tafels het geverfde bottels, versier met lint, as vase gedien.  Hierdie troue is ‘n goeie voorbeeld van ‘n self-doen troue, en dié paartjie het hul goed van hul taak gekwyt.  Marcelle en Colin se groot dag was afgeneem deur Francois Griesel en Norman Steyn van Studio Photography.

Colin & Marcelle_0001  Colin & Marcelle_0002   Colin & Marcelle_0003   Colin & Marcelle_0004   Colin & Marcelle_0005   Colin & Marcelle_0006   Colin & Marcelle_0007   Colin & Marcelle_0008

Die verlowing


‘n Wegbreek naweek saam met my ouers op ‘n plaas naby Kimberley het gesorg vir die mees perfekte realisering van my grootste droom.  My ouers het die dag vroeër gery en ons het die volgende oggend vroeg uit Bloemfontein vertrek.  Toe ons stop, het ek flink uitgespring om die plaashek oop te maak, maar met die omdraai slag was die man van my drome op sy knieë.  My hart het uit my bors geklop en ek kon nie ‘n geluid hoor nie.  Ek het nie eers die skildery met die woorde ‘trou met my daarop’ geverf en aan die plaashek vasgemaak, raakgesien nie.

Colin & Marcelle_0009   Colin & Marcelle_0010   Colin & Marcelle_0011   Colin & Marcelle_0012   Colin & Marcelle_0013   Colin & Marcelle_0014

Watter advies het julle vir paartjies wat besig is om hulle troue te beplan?


Ek en my verloofde het besluit om mekaar die Sondag voor die troue te groet.  Ons het vir oulaas as verloofdes gaan uiteet en kwaliteit tyd saam spandeer.  Geen trou-praatjies of aandag aan/stres oor die laaste trou reëlings;  niks wat ons laaste ‘date’ as verloofdes sou kon bederf nie.  Ons het besluit om alle kontak vir die daaropvolgende week te verbreek.  Die laaste week voor die troue was vanselfsprekend oneindig lank, maar die afwagting om mekaar te sien was onbeskryflik.  Verder het al die stories oor alles wat op nommer 99 verander of skeef geloop het ook natuurlik vir goeie wittebrood-vermaak gesorg.

Colin & Marcelle_0015   Colin & Marcelle_0016   Colin & Marcelle_0017   Colin & Marcelle_0018   Colin & Marcelle_0019

Wat sou julle verander het as julle kon?


Nie ‘n sekonde, klein detail of enige iets anders nie. Ons was werklik geseën met ‘n troudag, uit die oorvloedigheid, vreugde, goedheid en liefde van die Hemel sélf geskep en sal hierdie herinneringe vir geen aardse besitting verruil nie.

Colin & Marcelle_0020   Colin & Marcelle_0021   Colin & Marcelle_0022   Colin & Marcelle_0023   Colin & Marcelle_0024   Colin & Marcelle_0025   Colin & Marcelle_0026   Colin & Marcelle_0027   Colin & Marcelle_0028

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Trourok: Julie Wedderbur
  • Onthaal saal: A Lodge at Bloem
  • Fotograaf: Francois Griesel en Norman Steyn van Studio Photography
  • Hare: Bella Donna

[endsection]