Ons by Mooi Troues is weereens aangenaam verras met ‘n troue uit die Vrystaat. Die keer deel ons die mooi troue van Ruan en Mariska met ons lesers.
Ons by Mooi Troues hou baie van die kamer waar Mariska gereed gemaak het. Die emosie van Ruan is trek ook die hartsnare toe hy Mariska sien afloop in die trou-padjie in ‘n trou rok van Bridal Manor. Die fotos wat geneem is in die hoofstraat van ‘n dorp is ook vars op die oog. Die dekor van die onthaal was ook vreeslik mooi met die helder blom linne.
‘n Trou vol inspirasie vir ons lesers.
Hoe het julle ontmoet?
Ons het mekaar ontmoet deur gemeenskaplike vriende. Ons albei was uitgenooi na ‘n verjaarsdag ete en het onmiddellik aanklank bymekaar gevind. Die volgende dag het Ruan my gevra om hom te vergesel na ‘n vriend se troue toe en van daar af het dinge self in plek geval.
Ruan se sprankelende persoonlikheid en goeie sin vir humor het my dadelik aangetrek na hom toe. Ons het van die begin af gesels asof ons mekaar al jare ken.
Mariska se vriendelikheid en opregtheid het my dadelik aangetrek na haar toe. Hoe beter ons mekaar leer ken het na daardie aand het ons besef dat ons waardes en uitkyk op die lewe ooreenstem en ons het net nader aan mekaar gegroei.
Inspirasie vir die tema van die troue
Ons wou van die begin af ‘n gemaklike en gesellige troue hê. Ek het so baie idees in my kop gehad, daar was baie groen op die tafels, verskillende skakerings van pienk, rooi, pers en blou. Van kerse tot naakte gloeilampe. Ietsie van alles om ‘n mooi, sagte en romantiese troue te skep. Om die eenvoud te breek was al die tafels op 3 verskillende maniere gedek.
Was julle op wittebrood?
Ja, ons was Mauritius toe vir wittebrood. Ons het aan die Noord-Weste deel van die eiland gebly, wat ideaal was vir ‘n mooi sonsondergang elke dag. Dit reën ook minder aan die Noordelike deel van die eiland. Die diens by die hotel was uitstekend en die hotel was op ‘n baie hoe standaard. Ons het so lekker ontspan elke dag.
Ons was nogals teleurgesteld met die skoonheid van die eiland self. As mens by die hotel uitgaan is dit nie heeltemal soos op tydskrifte nie.
Ons moet wel sê dat dit die lekkerste vakansie is wat die vinnigste verbygaan. ‘n Welverdiende vakansie na al die beplanning en reëlings.
Wat sou jul verander as julle kon?
Om die gastelys bietjie kleiner te maak sodat mens meer tyd saam met elkeen van die gaste kan deurbring.
Advies aan ander paartjies?
Geniet net alles – van die beplanning tot na alles verby is.
Beplan alles soos julle dit wil hê en moenie omgee wat die gaste mag dink nie, dis julle dag so doen dit soos julle dit wil hê.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: Monte Bello Estate
- Hare + Grimering: Amy Olden Makeup Artist & Hairstylist
- Fotograaf: Go Urban
- Videograaf: Perfect Pear Photography
- Dekor en blomme: Grand Room Design
- Musiek: Star Sound
- Trourok: Bridal Manor
- Gastehuis: Altissimo Guesthouse
- Bruidegom se Pak: Your Pal Brooklyn
- Strooimeisie rokkies: Orijinel Bloemfontein