Lehan & Wynandé se mooi troue

Lehan en Wynandé se persoonlikhede straal uit in elke foto wat geneem was op hul spesiale dag.

Wynandé het beeldskoon gelyk terwyl sy almal na asem laat snak in haar besonderse mooi trou rok toe sy tussen die bome op die trou padjie afloop.  Ons by Mooi Troues het ook baie van die strooimeisies se rokke gehou.  Die Groen van die woud was die perfekte agtergrond vir prentjie mooi fotos.

Ons kan sien hier was lekker makiti en weet ons lesers sal baie inspirasie in die troue se fotos onder wind.  Geniet dit.

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Ons het op 8 Desember 2011 ontmoet danksy gemeenskaplike vriende.  Ek was aangetrokke tot Lehan se sterk, tog rustige stem en sy pragtige oë (hy sê dis Lindt sjokoladebruin!)

By Lehan het ek ‘n ongekende soort opwinding en lus vir die lewe leer ken.  Volgens Lehan het my vurigheid, entoesiasme en kwetsende eerlikheid van sy manlike ego hom oor gewen.  Ons eerste afspraak was vir drankies en daarna ‘n tuisgemaakte pizza-aand by Lehan se woonstel.  Nodeloos om te sê, hy het my gehad by Pizza!

Wat was die inspirasie vir die tema van die troue?


Ons hou albei van stylvolle tog steeds gemaklike samekomste.  Ons familie en vriende ken ons as twee “plat op die aarde kaalvoet kinders” wat steeds mooi kan aantrek en manewales aanvang – al is ek in spykerhake.  Ons wou dus die rustiek en warm gevoel van ‘n plaastroue hê met stylvolheid wat steeds in elke stukkie detail deurskemer.

Ons het al die Vrydagaand begin feesvier toe ons gaste by ons kon aansluit vir ‘n braai in die ysige koue.  Dit was lekker om die opwinding uit te rek!

Was julle met wittebrood?


Ons wittebrood was ‘n absolute fees van wildvreemde disse en baie verskillende soorte bier!  Ons was na Praag, in die Czech Republiek en het vir die duur van ons wittebrood in ‘n woonstel gebly wat ons via Airbnb bespreek het.  Dit was nogal ‘n kultuurskok dat die inwoners se Engels bra power en/of nie-bestaande was.  Ons het op een dag 15km te voet afgelê en elke hoekie wat daar te ontdekke was, ontdek!  Die gevoel van vryheid en veiligheid wat ons beleef het, word beslis gemis!

Wat sou jul verander het as jul kon?


 Troues bring ongelukkig baie familie dramas.  Ons sou meer tyd aan mekaar en ons opwinding spandeer het, indien ons elke sekonde onthou het dat dit juis die feesviering van ons liefde en trou aan mekaar is.  Ek sou definitief ekstra tyd wou koop vir daardie dag, want dit gaan net te vinnig verby.

Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?


Dit is julle troue en julle dag.  Omring julself met ‘n bruid party wat werklik julle hartsvriende is.  Hierdie mensies dra jou wanneer jy voel of jy wil skree as tant Martie kla omdat sy nie langs tannie Bessie wil sit nie en jy jou hare uit jou kop wil trek.

Hê van die begin af ‘n begroting.  Lehan het ‘n Excel sigblad geskep waarop alles haarfyn uitgelê was.

Geskenkies aan jul gaste is nie ‘n moet nie, julle gee vir hulle ‘n gratis partytjie!

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:
Ons was geseën met die wonderlikste verskaffers wat eerlikwaar mens-mense was. Soos Casper sou sê: “Ons tipe mense”

  • Fotograaf: Kaitlyn De Villiers Photography
  • Venue: De Uijlenes, Gansbaai
  • Bruid se rok:  Ever After Bridalwear
  • Dekor & blomme: Sylvia van Special Events
  • Koek: Christien Schrecker (Ook troue koördineerder by De Uijlenes)
  • Hare & Grimering van bruid: Clarita Smit Make up and Lash extensions
  • Hare van bruidsmeisies: Clarita Smit
  • Ringe: Yewa Design Studio
  • Alle drukstukke en ontwerpe: Elizabeth Nel van Dusty Mountain Designs

[endsection]