Paul & Anke se woud troue in die Karoo

Paul en Anke is bekende gesigte hier op Mooi Troues.  Ons het al hul verlowing met julle gedeel.  Jy kan weer hier lees van Paul en Anke se vliegveld verlowing fotosessie.

Paul en Anke wou ‘n woud tema troue gehad het en hul het dit reg gekry met die hulp van hul families.  Hulle het ‘n woud-gevoel troue in die Karoo gehad.  Die Karoo en Woud lê baie naby aan ons hart hier by Mooi Troues.  Ons is opgewonde om die kreatiwiteit met julle te kan deel vir inspirasie.  Met liefde en hulp is enige iets moontlik!

Paul het ook vreeslik aantreklik gelyk in dieselfde pak as wat sy pa jare terug op sy trou dag gedra het.  Gewoonlik sien ons bruide trou in hul moeders se trou rokke, so dit is ook iets inspirering vir die manne om te doen.

Geniet die troue van Paul en Anke vol inspirasie.


Vertel ons van jul ontmoeting

Ons het mekaar ontmoet op die 29st November 2009 deur n vriend van ons albei.  Snaaks genoeg was die ‘vriend’ wat my voorgestel het aan Paul eintlik my metgesel vir die aand. “Love at first sight” is n werklikheid!  Na talle SMS’e en kuiers regoor die Weskaap het ons na 5 jaar besluit, lang afstand of nie, ons wil bymekaar wees. En op die 28st Julie 2015 het hy my gevra om sy vrou te wees. Eienskappe wat my aangetrek het na haar toe toe was haar skoonheid en haar hart van goud. Sy pragtige blou oë en sin van humor het my knieë lam gemaak.



Wat was die inspirasie vir die tema van die troue?

Ons albei wou baie graag in die woud trou, maar met die om weer in die lieflike dorpie George wou ons nie kanse vat nie en het ons toe besluit om ‘n woud troue in die middel van die Karoo te hou, by Surval Olive Estate in Oudtshoorn. Ons het die onthaal in ‘n woud sprokie laat verander met miljoene Ivy blare en olyf takke wat van die dak af gehang het. Ons het saam as familie bymekaar gekom om die woud idee ‘n werklikheid te maak vir my en Paul. Die twee dae se harde werk in die hitte van die Karoo om twee mense se drome waar te maak, het ons as families net soveel nader aanmekaar gebring.



Was julle met wittebrood?

Ons wittebrood was werklik iets besonders. Ons het een aand spandeer by die pragtige Zimbali Lodge in Durban waar ons albei op ons hande gedra is, en na ‘n groot buffet het Paul my veras met 5 aande in die Drakensberge waar ons tussen die berge en natuur net mekaar geniet het! Van bromponies ry in die berg, na oulike bakkery, het ons tot die donderweer in die Drakensberge beleef.  Die mees romantiese dag, was toe Paul my veras het met ‘n perd rit, waar ons toe piekniek gehou het op die piek van die Drakensberge met heerlike vinger kos en natuurlike n bottel sjampanje!



Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Koester elke oomblik!  Voor jy jou oë uitvee is die dag verby.  Geniet elke oomblik, al gaan iets verkeerd maak dit nie saak nie. Deur die aand het Paul my hand kom vat en het ons aan die eenkant van die saal gaan staan vir so 5 minute en net alles ingeneem. Ons het alles beleef wat om ons aan gegaan en het probeer om elke lag, elke glimlag, al ons vriende en familie en elke oomblik net in te neem en te onthou. Dis is werklik die beste dag van ‘n mens se lewe. Koester dit!


[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]