Afrika trou tafel dekor inspirasie

Ons deel met julle die mooiste trou dekor en tafel inspirasie wat ons vriende by Leipzig Country House met ons gedeel het.  ‘n Moderne geel en goud tema met ʼn  natuurlike aanslag  is bereik deur elemente soos hout, mandjies en ʼn bietjie Afrika elemente in te bring.  Kleure en teksture weerspieël die Afrika tema op ʼn meer subtiele manier aan die konvensionele pels-motiewe.  Aardse teksture is bekom deur gebruik te maak van gevlegte tafelmatjies, dennebolle, herwinde hout blokke  en gebruikte Coke botteltjies wat goud gespuitverf is om die “Touch of bling” element in te bring.  Al hierdie dekor items is baie maklik bekombaar en bekostigbaar, ideaal vir  die selfdoen-bruid van vandag.

Gaan loer bietjie na die onderste foto’s wat Christine W Photographer afgeneem het van die trou dekor en tafel inspirasie.

Leipzig Stileerde Fotosessie Artikel (15)Leipzig Stileerde Fotosessie Artikel (14)Leipzig Stileerde Fotosessie Artikel (13)Leipzig Stileerde Fotosessie Artikel (12)Leipzig Stileerde Fotosessie Artikel (11)Leipzig Stileerde Fotosessie Artikel (10)Leipzig Stileerde Fotosessie Artikel (9)Leipzig Stileerde Fotosessie Artikel (8)Leipzig Stileerde Fotosessie Artikel (7)Leipzig Stileerde Fotosessie Artikel (6)Leipzig Stileerde Fotosessie Artikel (5)Leipzig Stileerde Fotosessie Artikel (4)Leipzig Stileerde Fotosessie Artikel (3)

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: