Foto: Sulet Fourie Photography
Mooi Troues se lesers is mal oor verlowing fotosessies of verrassings verlowings en vind baie inspirasie vir hulle eie verlowing fotosessies en verrassings verlowing. Ons deel met graagte oulike verlowing fotosessies en sal elke diensverskaffer krediet gee wat deel was van die fotosessie. Ons deel slegs fotosessies wat nog nie voorheen op of in ander publikasies gepubliseer was nie. As jy ‘n oulike verlowing fotosessie gedoen het, vul die onderste vorm in en ons sal dit oorweeg vir publikasie.
EKSKLUSIWITEIT BELEID:
Diensverskaffers wat deel was van die verlowing is meer as welkom om die verlowing te deel op hul besigheid en persoonlike sosiale media platvorms en ook op hul webjoernale en webtuistes.
Belangrik: By Mooi Troues sit ons baie moeite en tyd in ons artikels. Indien die verlowing goedgekeur word vir publikasie, vra ons dat jy asseblief nie die verlowing op enige ander trou webjoernaal of -tydskrif laat publiseer tot die dag wat dit op Mooi Troues gepubliseer word nie. Indien die verlowing wel êrens anders gepubliseer was, dien dit nogsteeds in en laat weet ons net in die publikasie versoek. Dié rede hiervoor, is dat ons nie soos ‘n kloon van ander webjoernale en tydskrifte lyk nie, maar unieke inhoud deel met ons lojale lesers.
WEES VRIENDELIK:
Hierdie is ‘n groot plus punt vir ons. Jy hoef nie jouself meer belangrik te ag as enige ander diensverskaffer in die trou bedryf nie. Moet nie onbeskof wees met ons publikasies-span nie. Ons sien almal as gelyk en hanteer almal presies dieselfde. Ons hou daarvan om met diensverskaffers te werk wat passievol, vriendelik en maklik is om mee te werk.
WAARNA ONS SAL KYK EN MOOI TROUES SE ESTETIKA:
- Kreatiwiteit van die verlowing fotosessie of verrassings verlowing .
- Styl en kwaliteit van die foto’s.
TERUGVOERING PERIODE:
Indien Mooi Troues die verlowing fotosessie of verrassings verlowing goedkeur vir publikasie, sal ons jou binne 2 weke laat weet per e-pos met al die foto spesifikasies vir die fotograaf en vrae aan die bruidspaar. Indien jy nie binne 2 weke van ons gehoor het nie, was jou aansoek onsuksesvol.
FOTO SPESIFIKASIES:
Stuur vir ons die skakel na jou foto’s waar ons dit kan besigtig om ‘n besluit te kan neem of ons dit wil publiseer op Mooi Troues. Maak seker jy stuur die skakel na jou fotograaf se webtuiste. Ons sal slegs foto’s publiseer wat deur ‘n professionele fotograaf afgeneem was.
VOLTOOI DIE ONDERSTE VERSOEK VORM: