Stephan & Elizabeth se Winter Troue

Winter is ‘n seisoen waar min paartjies trou, maar tog kan ‘n Winter troue ongelooflik mooi wees soos ons onder in die fotos kan sien.  Jade Customised Events het haar taak baie goed gedoen in die dekor en samestelling van die asemrowende mooi troue van Stephan & Elizabeth.  Ons hou baie van die groenigheid wat geïmplementeer was om die venue meer warmte te gee.  Lezanne’s Designs het die paartjie se trou skryfbehoeftes ontwerp.  Elizabeth het beeldskoon gelyk in ‘n rok van House of Silk.

Geniet die fotos en maak kontak met Jade Customised Events om julle te help jul trou beplan.

Vertel ons van jul ontmoeting?


Stephan het vir die Universiteit van Kaapstad se rugbyspan gespeel en het ‘n metgesel nodig gehad vir hul jaarlikse dans. My suster het saam met ‘n vriend van hom gegaan en voorgestel hy neem my. So dit was basies ‘n blinde afspraak!  Die oomblik dat ons mekaar gesien het ons die hele aand verby gesels en lag. Daar is ‘n cliché wat sê “As jy weet, dan weet jy!’ en ek kan eerlik sê dat dit die geval vir ons was, dit kan nie meer waar wees nie . Ons is albei baie soortgelyk in dat ons omgee, liefdevolle en lojale persone is en ek dink dit is wat ons aangetrek het tot mekaar op die eerste ontmoeting, en dit het gegroei van daar af.

Wat was die inspirasie vir die tema van die troue? 


Dit was nogal ‘n uitdagende keuse gewees ‘n tema te kies, veral wanneer Pinterest baie idees het! Ons het geweet dat ons iets klassiek wou hê aangesien ons nie wou kyk na ons trou foto’s in tien jaar en wonder: “Wat het ons gedink?” So het ons met ‘n klassieke tema gegaan, maar met ‘n effense moderne kinkel. Ons het sodoende rose goud elemente bygevoeg.

Dit is noodsaaklik vir jou tema om te werk met die venue. Ons venue was nogal “koud ” so dit was belangrik vir ons om warmte te skep. So, beligting was baie belangrik. Ons  het die dak ook verlaag deur middel van kandelare en groen elemente te gebruik om die venue meer knusser te maak.

Was julle met wittebrood?


Ons het die mees ongelooflike wittebrood gehad! Ons het na Mauritius gereis en gebly in ‘n alles eksklusiewe oord waar ons nie hoef te gedink het oor enigiets. Dit is presies wat ons nodig gehad het na die stresvolle trou beplanning. Ons het eenvoudig ontspan op die strand, skemer kelkies gedrink en ons voete op gesit. Ons is getroud in die Winter, so dit was so heerlik te gaan op ‘n somervakansie en net te ontspan.

Winter troue Winter troue Winter troue Winter troue Winter troue Winter troue Winter troue Winter troue

Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?


Beplanning van ‘n troue is stresvol en spanning loop hoog. Dit is belangrik om ‘n bietjie te doen elke dag sodat dit nie oorweldig  voel in enige stadium nie. Dikwels is die bruid wat alle beplanning doen en die bruidegom skram weg van dit. Stephan was 100% betrokke en dit maak dit soveel meer spesiaal op die dag toe die twee van ons terug kon sit en waardeer wat ons saam as ‘n span geskep het.

Onthou altyd dat die twee van is in hierdie unie saam. Daar is geen “wen” argument nie. Kommunikeer baie en wees mekaar se beste vriende.

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]