In hierdie artikel deel ons praktiese wenke vir paartjies wat besig is met hul troubeplanning. Dit is hier om paartjies te herinner aan eenvoudige, maar slim en maklike idees vir hul groot dag. Trou beplanning kan baie oorweldigend wees, en soms vergeet ʼn mens van die klein dinge wat die hele proses en troudag soveel makliker kan maak.
Blaai af vir ʼn paar praktiese wenke wat jou trou beplanning en troudag net ʼn bietjie meer sorgvry kan maak.
Gebruik gom vir koeverte:
Niemand wil hul koeverte met speeksel verseël nie. Gebruik eerder gom om dit toe te maak, sodat jy nie alles met jou tong hoef te lek nie. Kies koeverte met self-verseëling en versterk dit met gom om seker te maak hulle is stewig verseël. Dit sal jou beslis red van die frustrasie om 200 koeverte te lek!
Kry Hak-kappies vir hoëhakskoene:
Hak-kappies vir hoëhakskoene is een van daardie wenke wat ons vir elke bruid en strooimeisie aanbeveel. Kry vir jouself Hak-kappies om te keer dat jou hakskoene in die grond insak. Dit is gewoonlik deurskynende stoppers wat aan die hak van jou skoen vashaak en die oppervlakte van die hak vergroot, sodat jou dun hakke nie in gras of grond vassteek en jy dalk val nie.
Raak ontslae van statiese elektrisiteit:
Gebruik ʼn draadhanger om van statiese elektrisiteit op jou trourok of strooimeisierokke ontslae te raak. Sommige materiale bou maklik statiese elektrisiteit op wanneer jy die rok aantrek. Vryf eenvoudig ʼn draadhanger oor die areas waar die statiese elektrisiteit is, en dit sal help om dit te verminder.
Gebruik skuurpapier om jou skoene se sole:
Skuur die onderkant van jou skoene met skuurpapier om die sole minder glad te maak. Dit gee jou skoene beter traksie en help keer dat jy nie gly en val nie.
Dekor Huur:
Dit is ideaal vir paartjies wat ʼn selfdoentroue beplan en ʼn bietjie wil spaar op dekor items. Daar is geen rede om te veel dekor op julle gaste se tafels te hê nie. Om dinge eenvoudig en minimalisties te hou, kan ook pragtig wees. Vul die tafel net met die nodige items, sonder onnodige dekor wat net rondstaan.
Seremonie en Trou Venue:
Kies ʼn trouvenue waar julle die seremonie en onthaal op dieselfde plek kan hou, of indien moontlik, naby mekaar. Dit mag dalk nie noodwendig ʼn kostebesparing wees nie, maar dit bespaar beslis op logistiek. Om die seremonie en onthaal by dieselfde plek te hou, is ʼn groot voordeel, want dit spaar julle gaste die moeite om tussen liggings te ry. Minder tyd op die pad beteken meer tyd saam en minder gejaag op die spesiale dag.
Dankie Notas:
Vra elke gas wat ʼn geskenk bring om hul naam op ʼn kaartjie by die geskenktafel neer te skryf. Die rede hiervoor is eenvoudig: dit help julle om presies te weet vir wie om dankie te sê vir die geskenke. Dit maak die proses baie makliker. Julle kan steeds dankie kaartjies aan al julle trougaste stuur, maar vir spesifieke geskenke sal julle weet wie om die kaartjie aan te adresseer.
Artikel Krediet
- Geskrewe: Mooi Troues