Mark & Suné se plaastroue

By Mooi Troues deel ons net die hoogste gehalte troues met ons lesers vir inspirasie.  Mark en Suné se plaastroue is vol inspirasie.  Die paartjie het in die Oos-Kaap getrou en hul seremonie was onder ‘n markies tent en onthaal was in ‘n ou skuur gehou wat die perfekte plaas atmosfeer gegee het.  Die fyn Vintage dekor was ‘n goeie kontras tot die rou van die skuur.

The Rose Barn is ‘n plaas-styl trou venue in Jeffreysbaai in die Oos-Kaap. Omring deur versorgde groen grasperke, laventel, en uitsigte van die omliggende plase is van die baie redes hoekom die trou venue jou eerste keuse moet wees. Die trou venue is populêr vir sy pragtige tuin seremonies, deursigtige tent en die skuur waarin die trou onthaal gehou word. Hulle bied ook verblyf opsies op die perseel, wat ‘n groot plus punt is.

Ons wens Mark & Suné die beste vir hul toekoms.  Ons weet ons lesers sal baie van hierdie troue hou.


Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?

Ons het Tien jaar terug in ‘n kleine kerkie in Hankey ontmoet.  Na maande se wonder en skaam glimlagte het ons liefdesverhaal begin.  Dit was een besonderse dag in ons altwee se lewens, die dat ons dit tot nou toe kan onthou.  Ons geselsies het ongelukkig stiller geword toe ons altwee universiteit toe gegaan het, maar ons het nooit vergeet van mekaar nie.  Drie jaar gelede het ons mekaar weer raak geloop en dis asof ons nooit weg was van mekaar.  Soos hul sê: “En die res is Geskiedenis!”

Van eerste soen, na eerste meisie het Mark my die ja-woord gevra.

Wat my aantrek aan Suné is die volgende:  ‘n Pragtige glimlag wat jou dag in ‘n sekonde kan beter maak, ongelooflike persoonlikheid en sy is net altyd gelukkig.  Die belangrikste is net hoe sy haar liefde vir die Here elke dag uitleef.  Eks so dankbaar om iemand soos sy te hê, sys my beste vriend.

Wat my aantrek aan Mark is, ons is so dieselfde maar ook tog so verskillend.  Hy sien alles net mooi, hys altyd positief en dis net so lekker om om hom te wees.  Dit voel of die wêreld kan vergaan, maar ons sal dit nie eers agterkom nie.  Mark is ‘n pratige mens van binne en buite, ek leer so baie van hom.  Hy maak my gelukkig en laat my so baie lag.  Hy is my beste vriend en ‘n Godvresend man.  Eks so dankbaar vir hom.



Wat was die inspirasie vir die tema van die troue?

Aangesien ons altwee van ‘n plaaslike dorpie afkom, wou ons graag ‘n troue gehad het wat vir jou die plaaslike gevoel gee.  Dis waarom ons die Rose Barn gekies het, dit het voldoen aan al ons vereistes.  Dit het die gevoel gegee van rustigheid en dit was net so lekker om omring te wees met familie en vriende.  Ons troue was werklik so spesiaal.



Was julle met wittebrood?  Indien wel, vertel ons meer daarvan

Dit was so lekker om na ‘n besige tyd met troue beplan om net bietjie weg te breek saam jou uiteindelik lewensmaat.  Ons wittebrood was Twaalf dae lank en ons het begin by Brenton on Sea waar ons was vir Vyf dae.  Die ander Vyf dae was ons binne in Knysna en die laaste Twee dae het ons in die Tsitsikamma gaan bly by Misty Mountains.

Ons het soveel as moontlik gedoen, ons het permanent rondgerits en plekke besoek.  Dit was so lekker om net alles te kon beleef saam mekaar.  Van Aarbei-plaas, Monkey Land tot biejtie swem in Natures Valley se strandmeer.  Ons wittebrood was werklik ‘n droom vakansie.



Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Geniet elke oomblik, dit gaan regtig baie vinnig verby.  Jou troue is net een dag, probeer soveel as moontlik in neem en moenie vergeet om dit te geniet nie.


    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    [endsection]