Wat om te maak met oorskiet items na die troudag

Doen-dit-self troues is deesdae baie gewild.  Dis bietjie hartseer om te dink wat gebeur met al die oorskiet trou items wat gebruik was vir dekor en/of vermaak.  Is daar ‘n verlate eiland waarheen die items reis?  Na die wittebrood en nostalgie van die troue ingesink het, is dit ‘n goeie tyd om te besluit wat om te doen met oorskiet items wat maande voor die troue opgegaar was in die beplanning van jul droom dag.  Ons gee onder ‘n paar idees om aan te dink as jul sukkel om van die items ontslae te raak.

wedding-in-cape-town-mooitroues-co_-za_0003Fotograaf: Günther Schubert
dawid-bothaFotograaf: Dawid Botha Photography

Skenk:

Daar is baie liefdadigheid instellings daar buite wat dit baie sal dit waardeer om gebruikte troue items te ontvang. Dink aan die goeie gevoel wat jy sal kry uit die skenking van jou rok of versierings aan iemand wat nie so bevoorreg soos jy is nie.  Dink self aan ook aan die oorskiet kos, peuselhappies en nagereg.

Verkoop:

Dink daaroor aan die aantal troues elke jaar en dan dink jy oor hoeveel ander bruide ook op soek is na items waarvan jy nou wil ontslae raak.  Die trou mark is ‘n groot plek met baie bruide wat items sal koop vir minder geld.  Plaas die items op die internet of selfs Facebook groepe wat spesiaal fokus op troues.  Maak selfs kontak met Trou koördineerders of verhuring maatskappye wat die items, is hul in goeie kondisie, van jou koop.

marne-van-dyk-photographyFotograaf: Marné van Dyk

Herwin:

Daar is baie maniere om jou trou items te herwin in jou huis, vir vermaak of vir geskenke.

Geskenk:

Langs die lyste van herwinbare items, kan jy beslis gebruik maak van oorskiet vase, rame, lint en kaarte vir ander geskenke regdeur die jaar.  Jou familie en huwelik party kan dalk ook ‘n ekstra aandenking van die troue waardeer.

Hou:

Daar is ook nie te sê jy moet wegmaak van jou trou items nie.  As jy die items wil hou omdat hulle spesiale betekenis vir jou hou maak net dan seker jy het tenminste genoeg stoorplek.

moi-photography

Fotograaf: Moi Photography