Lorainne het beeldskoon gelyk in ‘n rok van Bridal Manor met kant oor die bors, skouers en helfte van haar rug bedek. Die snit van die rok is tydloos en gaan perfek gepaard met die tydlose Vintage tema van Ivan en Lorainne se troue.
Geniet die paartjie se storie en fotos. Indien jy ‘n Vintage Tema troue beplan hoop ons jy kry sommer baie inspirasie uit die fotos.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ek was saam ‘n gemeenskaplike vriend na my toekomstige man se verjaarsdag braai toe. Ons kon nie ons oë van mekaar afhou nie, dit was voorwaar liefde met eerste oogopslag.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons was op pad om te gaan uiteet, toe sak hy skielik op een knieg en vra my om te trou. Dit was so onverwags en die wonderlikste verrassing. Ons het dit toe gaan vier met lekker kos en sjampanje.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Een jaar en Tien maande
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Raak rustig en haal asem! Moenie oor die klein goedjies stres nie, alles werk wel reg uit. Moenie vergeet dat alles oor julle liefde vir mekaar gaan nie, so geniet elke oomblik, dit gaan regtig baie vinnig verby.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Lucia Beukes van D’amor Photography
- Venue: Gecko Ridge
- Juwele: Sonja Cilliers van Larum Juweliers
- Bruidegom: Hilton Weiner
- Blomme en Dékor: Pebble and Lace
- Hare en Grimering: Tamaryn Pretorius
- Musiek: Dylan Chazen
- Trourok: Bridal Manor