Albert en Sjaan het onder die Akkerbome eg aan mekaar gesweer op ‘n mooi dag in Stellenbosch. Voor die seremonie, terwyl Sjaan besig was om deur haar geloftes te gaan, het sy bietjie emosioneel geraak. Albert het op sy beurt ook bietjie emosioneel voor die kansel geraak. Die emosie is só mooi! Daar is nie woorde om dit te kan beskryf nie.
Die dekor van die onthaal saal het ook ons aandag getrek met die groen takke wat in die lug hang.
Vertel ons van jul ontmoeting?
Albert: Die eerste keer wat ek vir Sjaan ontmoet het, in Januarie 2013, het sy ‘n wit blomme broek aangehad wat dadelik my oog getrek het, maar wat my die meeste beïndruk het, is haar selfvertroue en gemaklikheid met mense, Ek is mal oor Sjaan se opregtheid- niks wat sy doen/ sê is met ‘n verskuilde agenda nie. Sjaan se ambisie en strewe na “excellence” is aansteeklik.
Sjaan: Albert is alles wat ek nie is nie- hy is musikaal, “kind hearted” en eindeloos geduldig. Hy glo altyd die beste in almal en hy is die mees nederige mens wat ek ken. Albert is onvoorwaardelike liefde en hy verstaan hoe om selfloos te gee en leef. Maar bowenal- sy grootste passie is om God se hart te soek, meer as sy behoefte om enige iemand anders te beïndruk.
Wat was die inspirasie vir die tema van die troue?
Ons het nie ‘n spesifieke tema vir die troue gehad nie- ons wou eerder uitbeeld wie ons is en terselfdertyd ons gaste eer. Ons het vir Elizabeth en Nikki gesê ons wil hê alles moet natuurlik en tog onkonvensioneel wees. Die enigste versoek aan al ons verskaffers was “capture God in the moment”
Baie van die blomme het Nikki uit mense se tuine gaan soek en die tafel dekor was goed wat sy in die huis kon kry, wat ‘n persoonlike element ingebring het.
Was julle met wittebrood?
Ons was na ‘n klein eiland (57km lank en 5km breed) aan die ooskus van Madagaskar, St Marie Eiland,
Die eiland is omring met ongerepte korale en asemrowende seelewe op jou “voorstoep” Buiten vir die eiland se tropiese skoonheid, is daar soveel goed om te doen en plekke om te sien. Die plaaslike mense is SO toeganklik en maak die lekkerste geregte wat vars uit die see kom en met kruie wat hulle self groei en kweek.
‘n Groot bonus was om 2 wilde Lemurs te voer wat kom piesangs soek het terwyl ons een middag op die stoep gesit het.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Die belangrikste advies wat ons kan gee, is “Don’t sweat the small stuff”. GENIET elke oomblik van die voorbereiding en beplanning vir die troue, maar onthou die grootste vreugde en opwinding van ‘n troue, is om getroud te wees. Die res is alles sekondêr.
Tweedens- vertrou jou verskaffers!! Dit maak die lewe soveel makliker en haal spanning van almal af as jy toelaat dat die kenners doen waarin hulle goed is.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Trou koördineerder: BonTon Event Specialist
- Blomme & Dekor: Bride SideKick
- Fotograaf: Inecke Photography
- Grimering: Alicia Buckle
- Hare: The Boredroom
- Videograaf: Ebert Steyn
- Trourok: Gayle
- Bruidegom Pak: Saleh Tailors
- Venue: Nooitgedacht Estate
- Pallet meubels: Albert Potgieter
- Uitnodiging & Skryfbehoeftes: Two on Toast