Gedurende ‘n vakansie het Hoërskool liefdes met die eerste oog opslag albei verlief geword op ‘n plek waar hul later eg aanmekaar gesweer het. Hulle het met die eerste kolskoot gekry wat hul wou hê en het dadelik besluit om daar te trou. As ons deur die fotos onder blaai besef ons hoekom hul eerste keer oorwin was.
Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?
Ons het op skool ontmoet en was soos mens sê: “Hoërskool Geliefdes”. Al het ons albei baie verander van ons skool dae af kon nie een van ons sonder mekaar klaar kom nie. Ons het saam as ‘n paartjie gegroei en ook mekaar ondersteun in ons individuele loopbane. Na sewe ongelooflike jare saam het Mark uiteindelik die groot vraag in die Oos Kaap op die strand gevra.
Mark: Nichelle se persoonlikheid is wat my heel eerste aangetrek het, sy het ‘n warm glimlag en mense is altyd gelukkig om haar. Nichelle is altyd daar vir my en sy laat my voel dat ek altyd bo gaan uitkom ten spuite van wat om my aangaan.
Nichelle: Mark het my hart gesteel die eerste keer toe hy vir my, as 15 jarige meisie geglimlag het. Hy het ‘n ongelooflike groot hart, is baie ondersteunend en het my nog altyd veilig laat voel.
Wat was die inspirasie vir die tema van die troue?
Tydens ‘n vakansie in Kwa-Zulu Natal het ons besluit om na trou venues te gaan kyk, dit is toe dat ons op die asemrowende Palm Dunes Beach Lodge afgekom het. Dit was die eerste en laaste venue waarna ons gaan kyk het! Ons wou ‘n gemaklike, warm, vakansie atmosfeer skep vir ons gaste en die dekor was om dit beplan.
Was julle met wittebrood? Indien wel, vertel ons meer daarvan.
Na ons troue het ons besluit om nog ‘n aand op die venue (Palm Dune Lodge) te slaap en net die lekkerte van die troue te probeer uitrek. Daarna het ons by Sani Valley Nature Lodge ons wittebrood gevier. Dit is die perfekte plek om met wittebrood te gaan en om net bietjie te ontspan na die opgewondenheid.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Almal vertel jou tydens die beplanning proses om nie oor die klein dinge te stres nie, en om voor te berei dat iets op die dag gaan skeef loof. Mens raak so opgevang in die ophef van die dag dat als hopelose te vinnig verby gaan. Ons advies is om elke nou en dan tydens die beplanning, die trou dag self en na die tyd ‘n groot asem te skep, als in te neem en aan jou ander helfte te dink (dit is op die einde van die dag die hele rede hoekom jy trou).
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: Palm Dune Beach Lodge
- Fotograaf: Tyrone Zerf
- Dekor: Function Flair
- Hare en Grimerihng: Juliet Downes van Nixon make-up
- Koek: Cupcake Couture
- Trou Rok: Jasmins Bridal
- Hout Laser sny: Heart Crafted