As dit kom by kreatiwiteit vir die toneel waar die ou die meisie vra om te trou kry Ryno ‘n baie goeie telling, lees gerus onder hoe Ryno vir Carien gevra het om sy Mevrou te word.
Ons baie Mooi Troues hou baie van die helder kleure en ontspanne gevoel van die troue. Ryno en Carien bewys dat jy helder kleure in trou dekor kan inbring wat plof en dit nogsteeds baie mooi kan laat lyk. Volg die paartjie se raad en wys ons jul kleure.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons het mekaar deur gemeenskaplike vriende ontmoet. Vir die eerste 6 maande was ons net vriende. Dit was eers op ‘n heerlike pad-reis vakansie saam met ‘n groep vriende waar ons al meer mekaar se geselskap begin geniet het. Terug by die huis het ons op ons eerste afspraak gegaan en die res is geskiedenis.
Hoe het julle verloof geraak?
Ek was ‘n onderwyseres in die Wes-kus dorpie Lutzville. Ryno het in die geheim met my skoolhoof gereël dat hy al die pad van die Kaap wil kom om my voor my matrieks te vra om te trou. Onbewus van al die opwinding stap ek na tweede pouse in my klas in – dolleeg! Een na die ander begin my matrieks instap en elkeen gee vir my ‘n bloedrooi roos. Daar staan ek met 40 rooi rose en Ryno kom heel rustig daar ingestap. Net daar voor die hele klas gaan hy toe op sy knie en vra my om te trou.
Hoe lank was julle saam voor julle getrou het?
Amper vier jaar lank, waarvan drie jaar langafstand was.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee.
Beplan en reël als voor die tyd klaar. Dit maak die laaste dae voor jou troue baie lekker om te weet daar is niks wat nog beplan moet word nie. Kry beslis die regte diensverskaffers, dit maak jou lewe soveel makliker. Moenie iemand anders se troue probeer nadoen nie. Besluit op goed wat eie is aan julle twee as ‘n paartjie. Julle is tog uniek, so maak seker julle troue is ook.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Trourok: Alana van Heerden wedding gowns
- Videograaf: Guava Graphics
- Fotograaf: Desi Kotze photography
- Venue: Golden Riviera Robertson
- Spyseniering: Bourbon Street Robertson
- Skryfbehoeftes: Redvelvet Designs – Uitnodigings, tafelnommers, trou programme
- Grimering: Dawn Esterhuizen Britz
- Hare: Wedding Hair by Larize
- Juwele: Alle juwele het behoort aan my oorlede ouma
- Blomme: Alle blomme deur my skoonma Alda Burger.