Renier & Anika se spontane verlowing fotosessie

Anika en Renier het ‘n spontane verlowing fotosessie gehad by die Majic Forest net buitekant Welgemoed.  Ons is mal vir die paartjie se foto’s en kan sien hulle is nog smoor verlief.  Anika se pienk hempie en Renier se blou hempie het perfek gepas by die groen van die natuur en het ‘n mooi helder tema vir die fotosessie geskep.

Hulle piekniek gereeld en dit is hoekom die hele piekniek tema ook in die fotosessie was. Verlowings is altyd so mooi vir ons, dit is die begin van iets groter, iets so mooi en dit is die huwelik.  Wees altyd verlief op mekaar soos op die foto’s en onthou om altyd die kleiner dingetjie te onthou en waardeur en net elke oomblik te geniet. Baie dankie aan Mariska Muller vir die pragtigste foto’s.

anika en renier verloofanika en renier verloof (2)anika en renier verloof (3)anika en renier verloof (4)anika en renier verloof (5)

Hoe het julle verloof geraak?


Ons verlowing het gebeur op 12 Januarie 2013 en dit was ook ons 4 jaar herdenking. Renier het my verras met ‘n piekniek by Spier. Ons piekniek gereeld en dit was so spesiaal. Na die piekniek het hy ‘n rustige plekkie gesoek, want hy het vir my n liedjie geskryf wat gaan oor ons verhouding van begin tot toe. Hy het dit op sy kitaar gespeel en gesing. Voor my het hy ‘n hartjie uitgepak met hartjie kersies met my oë toe. Na dit het hy op sy regter knie gegaan en my gevra om te trou. Dit was en is nog steeds so ‘n spesiale en onvergeetlike herinnering.

anika en renier verloof (6)anika en renier verloof (7)anika en renier verloof (8)anika en renier verloof (9)anika en renier verloof (10)anika en renier verloof (11)anika en renier verloof (12)anika en renier verloof (13)anika en renier verloof (14)anika en renier verloof (15)anika en renier verloof (16)anika en renier verloof (17)anika en renier verloof (18)anika en renier verloof (19)

Wanneer trou julle?


Ons trou 7 September 2013 by Le Bac Estate in Paarl.

anika en renier verloof (20)anika en renier verloof (21)anika en renier verloof (22)

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: