Pasop met wie jy in aan raking kom, want die persoon wie jy die minste aan dink kan jou voorstel aan jou lewens maat waarna jy so lank soek en voor jy jou oë uitvee is jou hele lewe na ‘n jaar en half verander.
Die dekor van Barrie en Ronel se trou hou ons hier by Mooi Troues baie van. Die plek waar die paartjie se seremonie was iets wat ons baie min hier op Mooi Troues sien. Hul seremonie was onder ‘n groot Markies-tent gehou.
Die trou spreek plaas uit van hooibale, skape en ‘n sleepwa waar verversings vir die gaste was. Die kombinasie van die dekor is elegant, helder en speels wat baie mooi afgerond is met die rouheid van ‘n skuur.
Ons weet sommer die troue is vol inspirasie vir julle.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons het na dieselfde haarsalon toe gegaan , toe reel die haarkapsters `n “Blind date”, na die tweede probeer slag ontmoet ons mekaar by ‘n resturant en weet toe hierdie is spesiaal , ons het toe weer gegaan op ‘n afsparaak en net met mekaar verbind en toe verander ons twee se enkellopende lewe vir altyd.
Hoe het julle verloof geraak?
Barrie wou my op die plaas gevra het met `n piekniek met mooi sons ondergang, maar dit het toe verwoed gereën daardie naweek, toe maak die man vining plan en vra my in die huis, terwyl ek besig was met ‘n middag slaapie maak hy die plek prentjie mooi, kerse, versierrings, lekker peuselhappies, wyn en natuurlik vonkelwyn om die groot oomblik te vier; en soos hulle se die res is Geskiedenis.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons was 8 maande saam toe raak ons verloof en 5 maande daarna het ons die groot dag gehad.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Geniet elke liewe oomblik van die hele ondervinding, neem baie baie fotos en hou by julle eerste besluite.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Dékor : Fancy affairs
- Fotograaf : Nanet Skead
- Rok: Anel Botha Couture
- Blomme : Karin Haggard
- Kos : Karin Haggard en Maryke Botha
- Venue: Familie plaas buite Viljoenskroon
- Breekware : Estie Botes