F.J & Leanthe se prettige troue by Nantes estate

Ons kyk na die fotos en sien net groot glimlagte en kan sien F.J en Leanthe is ‘n paartjie wat goeie vriende is en daarvan hou om saam te lag.  Hulle albei lyk baie gemaklik voor die fotograaf se lens en ons kan sien die troue is glad nie ‘n stywe besigheid nie.  Die gaste het die spesiale dag saam F.J en Leanthe geniet.

Die prettige feesvieringe was by die spog plaas Nantes Estate gehou.  Die Venue gee jou die gevoel van ‘n statige ou plaas huis met kamers onder waar die bruid kan aantrek en klaar maak en ‘n kroeg area waar gaste onthaal kan word terwyl die paartjie hul fotos laat neem. Op die eerste vloer is die hele vertrek oop en daar kan gelag en gedans word sonder dat iemand afgesny voel deur ‘n muur of pilaar.  Dit is ‘n lekker onthaal saal vir al vir diegene wat aan Fomo ly en die vrees het om uit te mis.

leanthe-fj_0002 leanthe-fj_0003 leanthe-fj_0004 leanthe-fj_0005 leanthe-fj_0006 leanthe-fj_0007 leanthe-fj_0008 leanthe-fj_0009 leanthe-fj_0010 leanthe-fj_0011 leanthe-fj_0012 leanthe-fj_0013 leanthe-fj_0014 leanthe-fj_0015 leanthe-fj_0016


Vertel ons hoe het julle ontmoet en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?

Tussen vriende het ons ontmoet en tussen vriende het ons liefde geblom.  Leanthe en F.J. is aanmekaar voorgestel deur ‘n vriend wat saam met F.J. studeer het.

Vir Leanthe was dit liefde met eerste oogopslag – F.J. was ‘n blondekop “surfer” met pragtige blou oë. Na ‘n maand het ons amptelik onsself as paartjie bekend gestel.

Leanthe is ‘n vrou wat nie omgee om te gee nie – maak nie saak of dit tyd, geselskap of materiële dinge is nie. Dit wys veral in haar Graad R klas waar sy haar liefde vir kinders uitbeeld. Sy is vasberade en werk hard om haar doelwitte te bereik. F.J. is saggeaarde, vriendelike en passievolle mens wat altyd beskikbaar is om te help.


leanthe-fj_0017 leanthe-fj_0018 leanthe-fj_0019 leanthe-fj_0020 leanthe-fj_0021 leanthe-fj_0022 leanthe-fj_0023


Inspirasie en tema van jul troue

Ons tema was gebaseer op pret, plesier en lekker lag.  Vanaf die eerste dag wat ons aan ons troue begin beplan het, was ons hoofdoel om te verseker dat almal ‘n lekker tyd het.  Ons wou gehad het ons vriende moet terugdink aan ons troue en sê dit was ‘n partytjie-troue.  Ons het dus moeite gedoen om klein verrassinkies in plek te sit soos “glowstick” strooitjies, maskers op die dansvloer om mee foto’s te neem en ‘n ingehuurde fotohoekie wat foto’s druk wat mens kan huis toe neem.  Ons het ook ons troukoek so beplan dat almal koek kon saamneem huis toe.


leanthe-fj_0024 leanthe-fj_0025 leanthe-fj_0026 leanthe-fj_0027 leanthe-fj_0028 leanthe-fj_0029 leanthe-fj_0030 leanthe-fj_0031 leanthe-fj_0032 leanthe-fj_0033 leanthe-fj_0034 leanthe-fj_0035 leanthe-fj_0036 leanthe-fj_0037 leanthe-fj_0038 leanthe-fj_0039


Vertel ons van jul Wittebrood

Ons het nie onmiddellik op wittebrood gegaan nie.  Om ‘n troue te reël op jou eie is effens stresvol en ons wou eers na die troue ontspan en gewoond raak aan die getroude lewe.  Ons het in April getrou en die wittebrood so beplan dat ons in Julie na Phuket, Thailand reis.


leanthe-fj_0040 leanthe-fj_0041 leanthe-fj_0042 leanthe-fj_0043 leanthe-fj_0044 leanthe-fj_0045 leanthe-fj_0046 leanthe-fj_0047 leanthe-fj_0048 leanthe-fj_0049 leanthe-fj_0050 leanthe-fj_0051 leanthe-fj_0052 leanthe-fj_0053 leanthe-fj_0054 leanthe-fj_0055 leanthe-fj_0056 leanthe-fj_0057 leanthe-fj_0058


Advies vir ander paartjies

Vir die bruid: Dit mag gebeur dat jou verloofde sê: “Dit maak nie vir my saak nie. Solank jy gelukkig is, is ek gelukkig”.  Moenie dan kwaad raak en sê dat hy nie belangstelling toon nie.  Ons het saam besluit op die belangrikste: fotograaf, venue en D.J.  Vir die res kan jy vir jou verloofde die opsies wys en dan vra hoe dit vir hom lyk of hoe hy daaroor voel.  Sodoende vermy mens onnodige konflik wat die fokus wegneem van die lekkerte van julle troue beplan.

Vir die paartjie: Die dag vlieg verby!  Moenie tyd en geld mors op reëlings en items wat jy dink ander mense wil hê of verwag nie.  Dis julle dag – beplan dit só dat julle gelukkig gaan wees op die dag en nie eendag terugkyk en spyt is nie.


leanthe-fj_0059 leanthe-fj_0060 leanthe-fj_0061 leanthe-fj_0062 leanthe-fj_0063 leanthe-fj_0064 leanthe-fj_0065 leanthe-fj_0066 leanthe-fj_0067 leanthe-fj_0068 leanthe-fj_0069 leanthe-fj_0070 leanthe-fj_0071 leanthe-fj_0072 leanthe-fj_0073


Het julle gebruik gemaak van ‘n Videograaf

Ons het nie gebruik gemaak van ‘n professionele videograaf nie. Ons het 2x Go-Pro kameras by ons troue gehad wat uit verskillende perspektiewe video’s geneem het. Ons hou beide daarvan om ons eie video-materiaal te verwerk en dan ‘n spesiale video daarvan te maak. Dit was ook vir ons lekker om die dag na ons troue na die video’s te kyk en alles weer te beleef. Ons kon self kies watter dele van ons dag ons in ‘n video wil inwerk en dit het die video baie spesiaal gemaak.

leanthe-fj_0074 leanthe-fj_0075 leanthe-fj_0076 leanthe-fj_0077 leanthe-fj_0078 leanthe-fj_0079 leanthe-fj_0080 leanthe-fj_0081 leanthe-fj_0082


Diensverskaffers: