“Die Windpomp gaan soek nie die wind nie. Alles gebeur op sy tyd.” Dit is die woorde op ‘n plakkaat wat Delano en Vidette vashou terwyl die dinamiese span van Emet Fotografie die paartjie se oulike verlowing fotosessie vasvang.
“Hiermee graag deel ons ‘n stukkie van ons hemel met julle. Vanaf die ontmoeting tot by ons heerlike en sprokiesagtige troudag.” sê Vidette
Hoe het julle ontmoet?
Ons het op skool ontmoet, terwyl ek in Menlopark was en hy in Overkruin. Die twee dorpe was ver uitmekaar, maar met die gesels platform Mxit het ons gou gou goeie vriende geraak. Ons was vriende vir 8 jaar. Ons is tydens universiteit een aand saam in ‘n groep uit en het gedans tot die son opgekom het. Net daar met ons harte op ons moue geloop! Ek en Delano het ons gevoelens teenoor mekaar herken en van daar af was ons gekys en onafskeidbaar.
Ons het 4 jaar uitgegaan en toe is die groot vraag gevra.
Hoe het ons verloof geraak?
Ons was op vakansie saam met ‘n groep van stuks 24 mense in Namibië, meer spesifiek Swakopmund. Delano het baie vreemd opgetree en was baie stiller as gewoonlik en ek kon nie verstaan waarom nie. Min wetende van die boksie wat hy oral saamdra.
Na vele probeerslae hetsy van vierwiel ry in die duine tot ‘n diepsee bootrit met dolfyne en ‘n seeleeu is die groot vraag toe gevra. Ons het die aand gaan uiteet by die “Jetty”, ‘n luukse restaurant wat op ‘n stellasie in die see gebou is. Ek het sonsteek gehad en goor gevoel en glad niks verwag nie.
Na ete het ons terug gestap strand se kant toe, toe ‘n golf met eens breek en ons sopnat spat. Met die omdraai om te kyk waar Delano is, het hy gestaan met die mooiste ring wat ek nog ooit gesien het in sy hand en voor hy behoorlik kon vra, het ek geroep “Ja ek sal met jou trou?”.
Wanneer het julle getrou?
So was ons 2 jaar verloof en is op die warm dag 22 Augustus 2015 getroud en wat ‘n ongelooflike dag was dit nie. Die dag het perfek uitgedraai,net soos ons daarvan gedroom het en dit te danke aan uitstekende verskaffers.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Emet fotografie