Winter is ‘n seisoen waarvoor min mense lief is omdat dit so koud, nat en vaal is, maar Frikkie en Christine het rede gegee om van die seisoen te hou.
Ons by Mooi Troues hou baie van die kant bors en arms van Christine se rok. Die dekor en kleurskema het ‘n warm, tog elegante gevoel gegee vir die dag. Ons glo daar was lekker gekuier op rooiwyn.
Venues en diensverskaffers is geneig om goedkoper te wees gedurende die Winter maande so kyk na die troue en beplan dalk jou eie winter-troue.
Vertel ons van jul ontmoeting?
Ons albei se ouers hou al vir jare vakansie en ons het mekaar daar ontmoet baie jare terug. Frikkie se suster en my suster was ook saam op skool en baie goeie vriende. Ons paaie het maar net altyd op ‘n manier gekruis. Hy het vir 8 jaar in Londen gewoon en ek vir 2 en eers ‘n paar jaar nadat hy terug gekom het vanaf Londen het ons mekaar weer vir die eerste keer raakgeloop en het ons mekaar skielik vir meer as net vriende raakgesien.
Frikkie se sin vir humor en sagte hart was nog altyd sy mooiste eienskappe vir my en dit is beslis wat my verlief gemaak het op hom.
Wat was die inspirasie vir die tema van die troue?
Aangesien ons ‘n winter troue gehad het wou ek die tema so ryk en warm as moontlik maak. Die herfskleure in Stellenbosch en die venue waar ons getrou het, het dit perfek gekomplimenteer. Ons blomme was diep kleure van rooi en pers met ‘n tikkie goud hier en daar en die warm gevoel was verder aangebring deur “naked bulbs” deur die hele venue en soveel as moontlik kerse.
Was julle met wittebrood? Indien wel, vertel ons meer daarvan
Ons was in Mauritius, dit was baie ontspannend en die perfekte bestemming om te rus en te ontspan na die opbou na die troue toe. Wat Mauritius so n aantreklike bestemming maak is die feit dat dit n baie korter vlug is as Europa toe. ‘n Troue kan ‘n baie uitputtende geleentheid wees om te reël en mens het definitief ‘n wittebrood daarna nodig om net lekker saam te kan ontspan en vakansie hou.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Probeer om nie te stres oor die klein dingetjies nie. Niemand sal agter kom as iets nie is presies soos jy dit beplan het nie en probeer net om jou dag soveel as moontlik te geniet want dit is verby voor jy jou oë uitvee.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Rok: Robyn Roberts
- Fotograaf: Nicola Bester Photography
- Koördinering en dekor: Sitting Pretty
- Skryfbehoeftes: Pretty in Stains
- Venue: 401 Rozendal
- Hare en grimering: Minke du Plessis