Deon en Elandie se verlowing fotosessie was op Aline Photography se kamera vas gevang. Tussen die protea velde van Harmonie Proteas het die paartjie se verliefdheid geblom amper soos die eerste keer toe hul ontmoet het.
Geniet Deon en Elandie se storie en pragtige foto’s.
Hoe het ons die eerste keer ontmoet?
Ek het in Augustus 2011 begin werk by ‘n oudit firma in Brits as ‘n rekenmeester-klerk. Danie was reeds ‘n senior by dieselfde firma. Ons het vir 3 jaar saam gewerk en was goeie vriende. Nuwejaarsdag 2014 (en Danie se verjaarsdag) het die liefde vir die eerste keer begin blom…
Hoe het ons verloof geraak?
Ons het saam ‘n groep van ons vriende gaan uiteet vir my verjaarsdag. By die huis het Danie natuurlik reggemaak vir die groot oomblik wat wag. Die hele huis was vol kerse, roosblare, sjokolade en champagne! Hy het op sy knieë gegaan, die mooiste woordjies gesê en natuurlik was my antwoord JA! Beste verjaarsdag ooit!
Wanneer beplan julle om te trou?
Ons trou 26 November 2016 by ‘n bosveld tipe venue net buite Brits. Nie een van ons is baie formele mense nie, so ons sien uit na ‘n lekker kuier troue saam al ons geliefdes!
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Aline Photography
- Venue : Harmonie Protea Wedding Venue