Ons is absoluut mal oor vandag se troue en die troue is die Standaard van troues wat ons graag op Mooi Troues wil deel. Ons het die paartjie se kleurvolle verlowing foto sessie ook gepubliseer, Klik hier om dit te lees.
Alle elemente het perfek saam gepas. Danielle se trourok met kant oor die skouers tot haar blomme kroon, die mans het ook aantreklike gelyk in hul pakke en dasse met hul moderne haarstyle. Die minimalistiese elegante tafel dekor is ‘n baie goeie kontras tot die plaas atmosfeer.
Word geïnspireer deur Deon en Danielle se troue.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Dit was in my studente jare wat ek en n paar van my universiteit vriende naweke in ‘n Ierse kroeg in Durbanville gekuier het. Een Saterdag aand onderbreek ‘n jong man my terwyl ek in ‘n gesprek was. Sy eerste woorde aan my was “Soek jy tequila?” (die poging was glo om my te red uit die gesprek uit). Ek staar na hom geskok oor hoe onbeskof die onderbreking was, maar toe ons oë mekaar s’n vang verloor ek myself in die diep kyk in sy oë, mooi oë, ek mompel vir hom, “Ja”. Na daardie aand het hy my hart geroer, ek dink dit het toe al geweet dat Deon op daardie oomblik by die kroeg waar ons vir mekaar gestaar het ‘n gedeelte van my hart gesteel het.
Hoe het julle verloof geraak?
14 Februarie 2014. Ek stop voor Deon se huis en ‘n gespanne man wat vreeslik baie glimlag groet my by die deur. Hy gee vir my ‘n koekie wat in ‘n hart vormpie is en sê “Ek is lief vir jou”. Hy glip weg en sê vir my ek moet my oë toe maak. Ek staan en peusel aan die Valentyn koekie, oë toe. Toe Deon terugkom vat hy my hand en fluister vir my: “Ek gaan jou nou vra om te trou”, ek hoor hoe bewe sy stem, ek voel hoe klop my hart vinniger. Ek maak my oë oop en Deon staan onrustig voor my en vra al ewe giggelrig “watter knie moet ek op afgaan?”. Ek giggel saam met hom. “My antwoord is, ja.”
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ek en Deon was in ‘n verhouding van 4 jaar voordat hy my gevra het om te trou. Ons het besluit dat ons vir 2 jaar gaan beplan vir die groot dag. Altesaam is ons 6 moeilike, maar wonderlike jare saam, en dis net die begin.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Beplanning is nie vir sussies nie, ek en Deon is mense wat altyd reg staan om die bul aan die horings te gryp en nooit bang is om groot take aan te pak nie, maar troue reël verg baie beplanning. Indien jy ‘n “doen-dit-jouself” bruid is, neem elke persoon se aanbod om te help ernstig op. Ons het op nommer 99 ‘n elle lang lys gehad vir die mans om aan te pak die oggend van die troue, en tot my geluk was daar ‘n hele paar vroue feetjies wat hulle afgesloof het daardie oggend. Iets wat ek en Deon na die tyd besef het is dat dit wonderlik is om baie gaste by jou troue te hê, maar dat ons soveel meer geld op ons wittebrood kon spandeer het en die gaste lys klein gehou het. Dis nie die einde van die wêreld as jou tannie se niggie se neef se broer se kind nie genooi hoef te word nie.
- Meubels en beligting: Baie Goeters
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Danelle Photography
- Ligging: Windmeul Plaas, Agter Paarl
- Musiek: DJ Feerless van DJ Dean
- Tent: Cape Tents
- Dekor: Gehuur by Function Hire 4 U & items wat ons by vriende en familie geleen het.
- Skryfbehoeftes: Mirna Blom
- Spyseniering: Redpepper Mill, Wellington
- Koek: Mugg & Bean (Tripple layer chocolate mousse cake)
- Deon & strooijonkers: Hul eie pakke
- Deon & strooijonkers se hare & baard: Ryno Siebrits
- Trourok: Elbeth Gillis Couture
- Strooimeisie rokke: Leonie De Necker
- Ma van die bruid se rok: Ilse Roux Bridal Wear
- Bruid en ma van die bruid grimmering en hare: Oulik Vroulik
- Strooimeisies grimering: Elizna Blom
- Blomkroon: Paramithi
- Blomruiker: Shane’s Flowers