Alicia en De Wet het in die prentjie mooi Plettenbergbaai getrou. Die paartjie het self by ‘n troue ontmoet. Hulle het toe later verloof geraak oor die uitsig van die mooie Stellenbosch landerye. De Wet op sy knieë afgegaan en Alicia die groot vraag gevra. Sy moes eers tien-keer vra of hy ernstig is voordat sy kon ja sê. Hulle troue het ‘n baie lekker natuurlike en buitelig gevoel en gee ook ‘n baie ontspanne gevoel. Ons is mal oor die blou en titseltjies kleur wat deur die trou-dekor en ook pak gebruik word.
Hoe het julle ontmoet?
Alicia: Ek en De Wet het by Debbie (De Wet se suster) en Waldo(my vriend) se troue ontmoet. Ek was baie goeie vriende met Waldo, so toe hy en Debbie begin uitgaan het, het ek en Debbie vinnig bevriend geraak. Sy het my gevra om een van haar strooimeisies te wees. Was vir my n groot voorreg om deel van hulle Groot dag te wees. So toe die dag aanbreek en ek daar voor die kansel langs hulle staan, hier staan De Wet toe langs Waldo as een van sy strooi jonkers!
Vertel ons van julle verlowing:
Ek en De Wet het vir Mari (my beste vriendin en ook hoof strooimeisie) gaan kuier in die kaap. Ons het Saterdag 19 Okt 2013 verloof geraak in Stellenbosch. Was die grootste verrassing ooit! Ons was by Root 44 se markie en daarna het De Wet vir Mari gesê wat hy wil doen. Ons het toe gery na n uitkyk punt oor Stellenbosch se wynland en daar het De Wet op sy knieë afgegaan en my die groot vraag gevra. Ek het eers 10x gevra of hy ernstig is, en toe JA gesê!!
Advies vir ander paartjies:
Geniet elke oomblik! Moet nie dinge aframmel nie. Probeer om so trou aan jouself te bly as moontlik! Moet nie dat ander jou idees beïnvloed nie! Hou dinge eenvoudig, ons motto was ‘less is more’ en dit het vir ons baie goed gewerk! Laat jou verloofde ook deel wees van die voorbereidings,dis sy groot dag ook. Geniet die tyd saam met hom, hy gaan nog n lang pad saam jou stap…..xxx
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Nadene Smith
- Onthaal en Blomme: Bosky Dell Rose Farm
- Kos: Sarah Murry
- Trourok en Strooimeisie rok: Besters Bridal Knysna
- Musiek: Disco and Sound
- Troukoek: Adele Boukes
- Dominee: Chris du Preez
- Hare en Grimering: Jiwu Salon en Spa