Ben was ‘n ware heer die aand toe hy vir Melissa ontmoet het deur sy baadjie vir haar aan te bied op ‘n baie koue winter aand, die gebaar het gelei dat ons die mooi plaas troue van hulle met ons lesers kan deel.
Ons hou baie van die identiese Chevron Materiaal japonne wat die 6 strooimeisies aangehad het terwyl al die dames se grimering en hare gedoen word voor die seremonie.
Ben kon ook nie sy oe glo toe hy Melissa in die kansel gang sien afloop met ‘n asemrowende mooi rok aan nie.
Die paartjie se liefde is gevier in ‘n lokaal wat alles wit dekor ingehad het wat ‘n skoon, vars gevoel afgee.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons het in 2006 op ‘n koue winternag by ‘n vriend se partytjie ontmoet. Dit was ‘n yslike koue wintersaand in Johannesburg en ek het gebibber van die koue. ‘n Aantreklike jong man het na my toe gestap en sy baadjie vir my kom gee om te dra. Daardie aand het ons liefdes wandel af geskop en ons avontuur saam begin.
Ons glo met opregte harte dat ons onvoorwaardelike liefde vir mekaar die rede is dat ons vandag is waar ons is. Met groot opgewondenheid begin ons ons toekoms saam en sien uit vir wat die lewe vir ons inhou. Liefde wen altyd!
Hoe het julle verloof geraak?
Ons deel ‘n groot liefde vir Mosambiek. Dis waar ons siele kan rus en ons harte weer juig. Bennie het die groot vraag op ‘n pragtige sonnige dag gevra terwyl ons kaalvoet langs die strand ‘n lopie geniet het. Geen woorde kon daardie oomblik beskryf nie. Dit was ‘n oomblik in tyd wat stil gestaan het, dit was absoluut perfek.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons het Desember 2014 verloof geraak en elf maande later het ons trou aan mekaar beloof. Dit was een ongelooflike ervaring om saam ons troue en toekoms te beplan. Ons het elke oomblik daarvan gekoester, baie van mekaar geleer en saam as ‘n paartjies gegroei in daardie tyd. Alles was in oorvloed geseënd en ons is opreg dankbaar vir almal wat in ons droom dag kon deel.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Maak God die middelpunt van julle huwelik. Koester mekaar in elke oomblik wat julle tyd saam spandeer want elke dag is net genade van Bo. Wees opreg teenoor mekaar, gee mekaar spasie om te groei in die huwelik en die belangrikste is om mekaar elke dag onvoorwaardelik lief te hê. Die liefde is kosbaar, waardeer dit!
’
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Onthaal en seremonie: Red Ivory Lodge
- Dekor: Smoorverlief
- Blomme: Daisy Flowers
- Trourok: Pronovias
- Juwele: Swarovski
- Ma van die bruid se rok: Honey Boutique
- Strooimeisies se juwele: Lovisa
- Manne se uitrustings: Woolworths
- Skryfbehoeftes: Lily Young Designs