Ons by Mooi Troues is absoluut versot die plaastroue van Denise en Marius wat by Zakopane in Noord-Wes provinsie gevier was.
Denise het ‘n vreeslike mooi rok gedra, die rok was eenvoudig met kant om die skouers.
Wat ons asems weg geslaan het is die dekor van die troue. WOW!!! Elke tafel het ‘n Bonsai Boom as middelstuk gehad. Definitief die eerste keer wat ons dit by ‘n troue sien en ons weet sommer julle sal mal wees daaroor.
Nou toe, blaai deur die fotos en word stomgeslaan.
Hoe het julle mekaar ontmoet?
Ons het mekaar die eerste keer gesien by Malan seuns kwekery en kon nie ons oë van mekaar af hou nie, ek en my ma het toe gery en ek het van die mooi man wat ek gesien het vergeet. So 3 weke daarna het ek en my vriendinne gaan kuier by Casel Walk en toe was Marius en sy vriende ook daar, ek en Marius het begin saam kuier en toe later die aand is ek huis toe, Marius het my opgespoor op Facebook en my uit gevra vir ete en van daar af het ons paadjie saam begin.
Hoe het julle verloof geraak?
Marius het n naweek weg gereël Wit Sand toe, ons het op die sand duine rond geloop en toe vra hy my om my kamera neer te sit en op tydhouer te stel sodat hy n mooi foto saam my kan neem by die sand dyn, toe ek weer kyk toe gaan hy af op een knie en vra my om te trou. Dit was net ek en hy tussen die sand duine en die wonderlikste verlowing.
Hoe lank was julle saam voordat julle getrou het?
Ons was 2 jaar saam voor ons getrou het.
Advies vir ander paartjies
Moet nooit mekaar probeer verander nie, jy is wie jy is, om mekaar te aanvaar is baie belangrik.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Drukwerk en trou kaartjies: Chane Vorster
- Trou Rok en sluier- De La Vida Bridal
- Hare en Grimering: Janell Donders
- Naels: Hairz
- Bruidegom uitrusting: Tidy Tucs Tailor
- Strooijonkers uitrusting: Tidy Tucs Tailor
- Bruidsmeisies uitrusting: The Maiden
- Blomme: Flower World
- Kerk en Onthaal: Zakopane Country Village
- Kos: Zakopane Country Village
- Fotograaf: As Sweet As Images
- Tafel dekorasies, drapering, kerse, onderborde, tafeldoeke ens: >Wedding Warehouse
- Ons middelstuk op elke tafel was ‘n groot Bonsai boom wat ons by my Pa geleen het,