Die dag wanneer Mooi Troues Diensverskaffers saam werk op ‘n troue mag jy weet daardie troue gaan een vir die boeke wees vol inspirasie. Ons is trots om geassosieer te word met van die diensverskaffers wat hierdie besonders resultaat van die troue gelewer het.
Dekor is gedoen deur die talentvolle en kreatiewe span van Pretty Different Events. Ons het nog nooit tafel dekor soos die gesien nie! Dit is maklik en eko-vriendelik. 100/100 vir vir die dekor.
Tanya en haar strooi meisies het pragtig gelyk in rokke van die bekende Jacoba Clothing
Ons was stom geslaan deur die troue en ons weet julle sal baie inspirasie vind in die fotos wat vog.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons het mekaar 10 jaar terug deur gemeenskaplike vriende ontmoet. Pc het Malmesbury toe getrek en ‘n plaaslike kuierplek oorgeneem. Ons mekaar beter leer ken as vriende. My hart het geweet dat hy my trouman eendag gaan wees. Ons was vir lank net vriende, ons lewensomstandighede en 7 jaar ouderdomsverskil het dit moeilik gemaak om meer as vriende te kon wees. 8 jaar later het hy my gevra of ek sy meisie sal wees en so het ons avontuur begin, saam.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons was vir die Desember 2015 vakansie in Yzerfontein. Ons het nuwejaarsaand by vriende gekuier. Net voor 12 middernag het ons af strand toe gestap om die vuurwerke te gaan kyk. Pc het vir ons ‘n kombers met sjampanje en glase ingepak. Ons het op die strand gaan sit, eenkant van die mense en die vuurwerke gekyk. Volgens Pc het hy die vuurwerke persoonlik gereël! Maar dit het definitief gehelp om die atmosfeer te skep wat hy wou gehad het. Alles was rooi om ons soos die mense sein vure skiet. Toe 12h kom sak Pc toe af op een knie en vra die groot vraag. My ring het mooi geglinster in die rooi vuurwerke en hoe kon ek nie JA sê!
Hoe lank was jul saam voordat jul getrou het?
Ons was ‘n jaar saam in November 2014.
1 Januarie 2015 verloof geraak
1 Augustus 2015 getrou.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Die advies wat ons kan gee is respekteer mekaar. Dis die heel belangrikste. Ondersteun en wees daar vir mekaar in moeilike tye. Gee mekaar alleen tyd as dit nodig is. Om getroud te wees is harde werk om mekaar gelukkig te hou. Maar as julle twee as een saamwerk het jy n wenspan wat enige struikelblok kan oorkom. Moenie dinge opkrop. Praat dinge uit sodat altwee daaraan kan werk en vinniger kan aan beweeg.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: Delsma Farm
- Trourok: Jacoba Clothing
- Bruidsmeisies: Jacoba Clothing
- Trou Beplanner: Pretty Different Events
- Fotograaf: Lilac Photography
- Grimering en hare: Martie Olivier Make-up Artist & Hair Stylist
- Pakke: Suite Hire Stellenbosch
- Blomme: Paramithi: Flowers and Decor Design
- Musiek Groep: Tequila
- Troukoek: Inke’s Cakes
- Naked Bulbs: EC Lighting