Dit was op ʼn ysige môre op ʼn staproete met die Drakensberge en opkomende son as uitsig toe Pelser op sy knieë gaan om die groot vraag te vra. Jana kon nie verstaan waarom hy so opgewonde was vroeër die oggend nie maar toe maak alles vir haar sin. Die paartjie beplan hulle troue en doen van die goed, soos die blomme, self. Pelser se voete was onder hom uitgeslaan toe hy Jana die eerste keer in sy klas by CTU in Potchefstroom sien in ʼn rokkie. Dis egter op hul troudag dat sy verseker weer sy asem wegslaan op pad na die altaar. Ons by mooi troues wens hulle ʼn geseënde huwelik toe en hoop dat hulle nog baie jare saam gaan lag en mekaar se beste vriende sal bly.
Hoe het ons die eerste keer ontmoet?
Ons het saam klas gehad by CTU in Potchefstroom. (Hy onthou nou nog en herinner my gereeld oor die groen somers rokkie wat ek aangehad het die eerste dag van klas)
Hoe het ons verloof geraak?
Hy het my op ʼn verrassings vakansie Clarens toe gevat, ek het gedink ons gaan net sneeu kyk, min wetend van sy planne. Dit was die 11de Julie 2013, in die hartjie van die winter, 5 uur die oggend, en hy wil op ʼn stap roete gaan by die berg op. Ek het gedink hy is laf, dis ysig koud, pik donker, en hy is baie opgewonde. Ons het ʼn plek gekry om te sit met ʼn perfekte uitsig oor die Drakensberge en die son op die horison, Hy het op sy knieë gegaan en dit was die ongelooflikste oomblik van my lewe.
Hoe lank was ons saam voor ons getrou het?
5 jaar en 4 maande
Advies wat ons aan ander paartjies kan gee?
Elke verhouding is anders, maar iets wat vir ons baie beteken is kommunikasie, en om saam te lag, of dit vir jouself of mekaar is. Ons is absoluut mekaar se beste vriend.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Sam Schroder Photography
- Spyseniering: Veld en Rant Spyseniering
- Tafels en Stoele: Jessie’s Rustenburg