Op hul troudag by Langkloof Roses is alles sprokies mooi gemaak vir die bruidspaar te spesiale dag. Amoré lyk lieflik in haar baie mooi trourok van Bridal Allure. Die fotograaf, Gustav Klotz Photography se kamera-lens mis geen spesiale oomblik nie en die buitelug foto’s is iets uit die boeke.
Amoré is eers lank met Tiaan se broer uitgegaan voordat sy hom uiteindelik ontmoet. Hulle word ook dadelik vriende en dit vat nie lank voordat die verhouding in iets veel dieper ontwikkel nie. Tiaan beplan die mees romantiese geleentheid om die mooi blouoog meisies te vra om met hom te trou. Hy kook self ‘n heerlike ete en plak hulle fotos in ‘n hart vorm teen ‘n kamer muur met die woorde “Ek is lief vir jou.”
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ek en Tiaan se broer, Divan, was vir vier jaar vriende voordat ek Tiaan vir die eerste keer ontmoet het. Ek het in Februarie 2011 saam met Divan na ‘n troue toe gegaan, waar Tiaan ook was. Ons het dadelik gesels en baie lekker gekuier. Ek en Tiaan was vriende van daardie dag af. Ons het elke paar weke gesels, tot op ‘n punt, aan die einde van 2011, waar ons weer begin gesels het. Toe nog nooit weer opgehou het nie. Ons het Desember in 2011 begin uitgaan, 4 jare vol avonture gehad en in Desember 2015 getrou.
Hoe het julle verloof geraak?
Op 14 Februarie 2015 het Amoré wakker geword en gedink ek is besig om iets te spesiaal te reël vir Valentyns dag. Presies wat ek wou hê sy moes dink. Min wetende dat ek hard aan die bak en brou is in my kombuis. Besig om vir die eerste keer in my lewe ordentlik kos in die oond gaar te maak, en heerlike nagereg uit die boonste rakke :). Ek was natuurlik bietjie agter skedule en het haar aangeraai om net vinnig vir my ma eerste te gaan hallo sê. My ma het toe al geweet van die plan en het seker gemaak sy wen nog bietjie tyd vir my, deur vir Amoré na die China winkels te vat en deur elke liewe ry te stap tot vervelens toe.
Die oomblik het toe aangebreek. Laat middag, toe sy by my aangekom, het en ek haar verras met ‘n heerlik bobotie en malva pudding vir nagereg en mooi gedekte tafel. Ek het ook ‘n hele muur, wat uit een groot hart bestaan, saamgestel uit klomp fotos van die tyd wat ek haar ontmoet het in 2011 tot 2015, en dit in kronologiese volgorde geplak (sien foto) – ‘n opsomming van al ons avonture saam. Na ‘n rustige aand en vol mae word sy toe geblinddoek, ek lei haar toe na ‘n kamer wat se deur toe was van die begin van die aand. Met haar rug teen die muur verwyder ek die blinddoek met die voorwaarde dat sy net voor haar kyk en nie mag rondkyk nie. Ek neem toe ‘n paar kiekies en sommer selfies, blinddoek haar weer en lei haar uit die kamer.
Nadat die nuuskierigheid al lekker opgebou het later die aand, met lekker musiek in die agtergrond, gee ek haar toe die geleentheid om op my foon te kyk na die foto wat geneem is (met haar rug na my toe). Soos sy die foto oopmaak, en sien dat agter op die muur het daar in groot rooi letters gestaan: “EK WIL MET DIE MEISIE TROU”, gryp ek vinnig die ring uit ‘n boksie wat ek onder die eetkamertafel weggesteek het en soos sy omdraai is ek al op my knieë! Sy begin rond hop en op en af hardloop terwyl ek nog daar onder wag vir my “ja”, maar nadat ek weer gevra het het ek gelukkig die antwoord gekry wat ek wou hê 😀 Paar minute later hoor ek hoë stemmetjies gil oor die foon en aanhoudende beeps van sms’e en whatsapps wat deurstroom.!
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons was 4 jaar lank saam.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Om te trou is een van die mees opwindende en stresvolste tye tegelyk in ‘n paartjie se lewe! Dit is belangrik om tye te hê wat julle trou reëlings bespreek. Maar ook tye te maak waar julle weer kan verbind en vir mekaar luister. My raad aan paartjies, i.v.m. administrasie en finansies, is om goed te beplan (hou boek van alles), te begroot, en geld oor die los vir al daardie ekstra ‘klein goedjies’ wat op die ou end duur raak. Daar is baie maniere om te bespaar, mens moet net kreatief wees.
Ek het self meeste van my dekor gedoen en my eie skryfbehoeftes gemaak , asook die ‘S’mores’ geskenke vir die gaste. Geniet die reis na julle troue, onthou dit is maar net die begin. Maak voorbereiding vir ‘n goeie fondament waarop julle jul huwelik bou. Deur te gaan vir ‘n voorhuwelikse kursus of iets soortgelyk. Verder, ontspan! ontspan! ontspan!
- Fotograaf: Gustav Klotz Photography
- Trourok: Bridal Allure
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: Langkloof Roses
- Hare & grimering: Caren Fourie
- Blomme: Flower it
- Spyseniering: Heart Worx deur Linda Bruyns
- Dekor: DIY & gehuurde items
- Troukoek: Birdcage Stellenbosch
- Platejoggie: PG Sounds deur Gideon Smit
- Videograaf: Aletta Francina Film & Photography