Yolandé sou nooit kon dink dat sy die man waarmee sy haar lewe gaan deel in ‘n gimnasium gaan ontmoet nie. Die eerste dag toe sy in haar mooi trou rok met ‘n meermin snit van Bridal Manor by die kerk in stap, dat sy besef alles was nie net ‘n droom nie. Charl was in die begin bietjie verward oor watter sussie dit was wat eintlik sy aandag getrek het maar toe hy eers sekerheid het, was daar geen keer aan hom nie. Op die wal van die Vanderkloof dam gaan hy op sy knie met die mooiste diamantring in die hand. Die paartjie vertrou dat God reeds lank voor hul tyd reeds beplan het dat hulle by mekaar pas. Op hul troudag, die mooiste dag in hul lewe, kry hul liefdesverhaal ‘n volgende hoofstuk waarin liefde die hoofrol speel.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ouers waarsku altyd, dat die plek waar jy jou man of vrou ontmoet tog belangrik is. Nodeloos om te sê soek mens op al die plekke wat in jou kop reg klink, ek dink dit is hoekom ons ontmoeting my totaal onkant gevang het. Die gym is verseker nie die plek waar ek beplan het om my man te ontmoet nie, verseker het ek nie op my heel beste gelyk nie – nog minder het ek gedink dat my sussie ons aan mekaar sou voorgestel. Ek was totaal verras was toe my jonger sussie my een aand laat angstig kom roep om my aan my toekomstige man voor te stel.
Wel nie een van ons het verseker geweet wie se man dit sou wees nie. ‘n Jong bewonderaar het aan haar ‘n boodskap gestuur op Facebook en net gedeel dat hy haar in die gym gewaar het, en haar graag beter sou wou leer ken? Sonder om twee keer te dink laat sy hom baie goed verstaan waar Dawid die wortels begrawe het, min wetend dat soos sy self sê: “sy eintlik ‘n boetie bygekry het daardie aand.”
Hoe het julle verloof geraak?
Die man was eers van koers gegooi, maar toe hy weer rigting kry kon niks hom stop om die keer die regte sussie op te spoor nie. Na ‘n paar dae se “spioenasie” (net om seker te maak dat daar net 2 sussies is), kry ek uiteindelik ‘n boodskap van die bekende vreemdeling. ‘n Rondomtalie van drie jaar gaan verby en laat een Sondag middag in die hartjie van die Suid-Vrystaat (‘n week na Valentynsdag en totaal onverwags terwyl ek die asemrowende massas waters van die Vanderkloof Dam aanskou), gaan Charl op sy knieë en vra of ek sy vroutjie sal wees. In sy twee hardwerkende hande hou hy die mooiste diamant ring wat ek ooit voor kon vrae.
Waneer het julle getrou?
Ons trou in November 2015 by die pragtige Green Leaves stables venue, met die trou tema “Twee vaar beter”.
Advies aan ander paartjies?
Aan ander paartjies, onthou altyd dat die prentjie wat in jou kop geskets is van hoe liefdesverhale moet wees, nie noodwendig jou liefdesverhale hoef te wees nie. Soms vind liefde jou op die mees onverwagse tye of plekke. Al wat jy moet kies is om dit aan te gryp, want God het lank voor Aspoestertjie haar skoen laat val het, reeds jou lewensreis beplan.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf + Videograaf: Sagely Photography
- Venue + Spyseniering: Green Leaves Country Lodge & Venue
- Grimering + Hare: KarenB Make-up
- Uitnodigings+ Skryfbehoeftes: Bruid + Pebble & Lace
- Trou rok: Bridal Manor
- Bruidegom & Strooijonker se pak: Your Pal – Brooklyn
- Strooimeisie rok: Gelique
- Koek, Kolwyntjies + Nagereg tafel: Fiona’s Kitchen Dekor + Pebble & Lace
- Musiek: Blast Entertainment
- Dominee: DS. Gert Kok
- Huwelikskontrak: Chantel van Heerden Prokureurs