Ons kuier by Lanzerac

Ons het die bekroonde en luukse Lanzerac besoek en in een van hulle opgeknapte kamers oorgeslaap.  Lanzerac is die perfekte luukse romantiese wegbreek vir besigheid, wittebrood of sommer net ontspanning.

Die nuut opgeknapte kamers is van die hoogste standaard, met höe kwaliteit afwerkings en ondervloer verhitting.  Charlotte Rhys geriewe, akkommodeer ʼn groot Victoriaanse bad, ruim stort en ʼn verhitte handdoek reëling om die luukse van ʼn warm handdoek altyd tot jou beskikking te hê. Koffie in ʼn hotelkamer is vir ons altyd ʼn belangrike ekstra bonus.  By Lanzerac het hulle die ekstra stap geneem en heerlike Nespresso masjiene in die kamers installeer.  Die geur van ʼn heerlike goeie kwaliteit koffie in die gerief van jou eie kamer is op sigself mos ʼn lekker bederf.

Lees gerus meer in die onderste artikel oor Lanzerac en ons ervaring by die hotel en wynlandgoed. Daar is letterlik te veel goeie goed om te noem in een artikel maar gaan gerus deur ons fotos wat hul eie storie van alles wat Lanzerac bied, sal vertel.

Lanzarac Hotel and Spa_0001Lanzarac Hotel and Spa_0002 Lanzarac Hotel and Spa_0003

Luukse Kamers:


Elke kamer het ʼn buite area waar jy kan sit en ontspan langs die binnehof swembad area. As dit by slaap kom, dan kan jy jouself voorberei op ʼn baie goeie nagrus onder luuks linne en ʼn lekker sagte matras.  Lanzerac het vele opsies beskikbaar vir die paartjie wat wil ontspan. Mooi Troues het seker gemaak dat hulle ʼn goeie brokkie hiervan in kry.

Daar is 3 buite swembaddens, wandel paadjies op die plaas en ook fietsry roetes beskikbaar. Een van ons gunsteling areas is agter die hoofhuis bo Lanzerac.  Daar kan jy ontspan langs ʼn groot swembad met ʼn ingeboude borrelbad.  ʼn Groot goed versorgde grasperk en tuin saam met die mooi argitektuur van die herehuis is ook ʼn lus vir die oog.

Lanzarac Hotel and Spa_0005 Lanzarac Hotel and Spa_0006 Lanzarac Hotel and Spa_0007 Lanzarac Hotel and Spa_0008

Tuine en Herehuis:


 As jy iemand is wat lief is vir die natuur, sal jy ʼn baie heerlike tyd hê by Lanzerac.  Die mooiste natuur tonele met wandel paadjies is gesetel om die eiendom.  Wingerde en lowergroen bome en gras omring die landgoed.  Die berge om Stellenbosch is van die mooiste in die Boland en  ʼn mooi uitsig daarvan kan van die landgoed gesien word.

Hier smelt luuks en natuur saam in perfekte harmonie vir enige persoon om te waardeer en te geniet.

Lanzarac Hotel and Spa_0009 Lanzarac Hotel and Spa_0010

Trou by Lanzerac:


Jy kan eenvoudig nie Stellenbosch Wynland misloop vir die mees romantiese en onvergeetlike troue nie. Lanzerac se nuut opgeknapte Cellar Hall bied die kapasiteit om tot 140 gaste te onthaal. Die Kaapse-Hollandse herehuis sorg vir ‘n asemrowende agtergrond vir alle seremonies en buitelug onthale. Lanzerac waarborg ‘n onvergeetlike viering gekenmerk deur wêreldklas gasvryheid en eksklusiewe persoonlike diens .

Lanzarac Hotel and Spa_0012 Lanzarac Hotel and Spa_0013

Wynproe:


Lanzerac is bekend vir hulle topgehalte wyne.  By die akkommodasie ingesluit is ons op ʼn  “Premium Range” wynproe en kelder toer geneem. Die “Premium Range” wynproe opsie sluit in Sauvignon Blanc, Chardonnay, Merlot, Pinotage en Cabernet Sauvignon. Gwen het ons baie tuis laat voel asof sy ons elke dag sien.  Die personeel se gemaklike gasvryheid staan uit by by Lanzerac,  nie net by die wynproe lokaal nie, maar ook by die hotel en restaurant. Lanzerac het verskillende wynproe opsies beskikbaar insluitende ʼn “Heritage Tasting,” Wine and Chocolate tasting” en ook hul “Alma Mater Tasting.”

Jy kan enige dag gaan vir ʼn wynproe by Lanzerac.  Hulle wynproe lokaal is oop van Maandag to Sondag.  Sondag oggend na ontbyt het ons op ʼn groep kelder toer gegaan waar Gwen die hele maak proses en bietjie oor die geskiedenis van Lanzerac uitgebrei het.  Ons was ʼn groot groep mense op die toer maar Gwen kon steeds elke persoon se vrae persoonlik beantwoord sonder om enige tyd te mors.

ʼn Interessante feit is dat Lanzerac die heel eerste plaas was wat Pinotage kommersieel gebottel en verkoop het aan die publiek. As jy ʼn wynkenner is sal jy weet dat Pinotage ʼn eg Suid-Afrikaanse wyn is wat deur Professor Perold ontwikkel was.

Lanzarac Hotel and Spa_0014 Lanzarac Hotel and Spa_0015 Lanzarac Hotel and Spa_0016 Lanzarac Hotel and Spa_0017 Lanzarac Hotel and Spa_0018 Lanzarac Hotel and Spa_0019 Lanzarac Hotel and Spa_0020 Lanzarac Hotel and Spa_0021 Lanzarac Hotel and Spa_0022 Lanzarac Hotel and Spa_0023 Lanzarac Hotel and Spa_0024

Spa:


Die spa is gesluit op die oomblik omdat hulle besig is om die hele spa area oor te bou en op te knap. Die spa sal later in die jaar weer heropen. Gaste kan nog steeds heerlike ontspanne spa sessies geniet op hulle tydelike opslaan spa area.

Lanzarac Hotel and Spa_0025 Lanzarac Hotel and Spa_0026 Lanzarac Hotel and Spa_0027

Eet & Ontspan:


Lanzerac het verskeie restaurante om van te kies as jy honger is.  Formele etes en  vinnige peuselhappies is beskikbaar.  Jy het ʼn keuse van die,  Governors Hall Restaurant, The Terrace Restaurant, The Lady Anne Courtyard (wat deel is van die Governors Hall restaurant), Die Taphuis Bar en Esquire Whiskey & Cigar Bar.

The Craven Lounge is amper soos ʼn huis weg van die huis.  Dis gemeubileer met antieke meubels, ʼn Grand Piano en ʼn kaggel vir die koue wintersaande. The Craven Lounge is die perfekte plek om net ʼn heerlike koppie tee te geniet terwyl jy iets lees  of sommer net met vriende wil kuier voor of na aandete.

Lanzarac Hotel and Spa_0028 Lanzarac Hotel and Spa_0029Lanzarac Hotel and Spa_0030 Lanzarac Hotel and Spa_0031 Lanzarac Hotel and Spa_0032 Lanzarac Hotel and Spa_0033 Lanzarac Hotel and Spa_0034 Lanzarac Hotel and Spa_0035 Lanzarac Hotel and Spa_0036

Artikel Krediet: