Lianca was teensinnig om na ‘n rugbywedstryd te gaan kyk, maar op die ou einde was dit vir haar die moeite werd. Sy laat nie op haar wag toe sy die aantreklike Norman onder op die veld sien verby stap nie. Beslis ‘n meisie wat weet wat sy wil hê! Norman is dadelik verlief toe hy haar ontmoet. Tydens ‘n vakansie in Ballito verras hy haar in die Fairmont Hotel in Zimbali met ‘n diamant en die groot vraag.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Dit was in Maart 2009, by ‘n klub rugby wedstryd. Vryheid teen Pongola. Lianca was niks lus vir dit nie maar haar vriendin het haar oortuig om saam haar klub toe te gaan om te gaan Rugby kyk. Norman het voorheen vir die Pongola span gespeel maar het sy knie beseer en toe op die spesifieke dag net saam gegaan om te ondersteun.
Lianca was op die paviljoen en Norman het onder langs die veld verby geloop. Sy het dadelik gesê, ” kyk daai aantreklike man.” Sy het na die klubhuis gegaan en gaan uitvis oor wie hy was en ‘n wedersydse vriend het hulle aan mekaar voorgestel.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons was op vakansie in Ballito en Norman het as verrassing ‘n aand bespreek by die Fairmont Hotel in Zimbali. Norman het gesê ons gaan net iemand daar groet, toe ons by die hek kom toe gee Norman vir Lianca ‘n Spa geskenkbewys en sê hy bederf haar bietjie voor ons ry. Na twee ure se Spa het Norman vir Lianca gesê hy het ‘n sleutel gekry vir een van die kamers sodat hulle kan kyk hoe dit lyk. Toe hulle by die kamer inloop lê al hulle tasse daar.
Na aandete is hul terug kamer toe. Toe Lianca die deur oopmaak, was daar kerse en roosblare orals. Blomme en sjampanje met aarbeie en ‘n botteltjie parfuum met die naam “Marry Me.” Lianca het nie geweet of vra hy haar vra en of is dit net die parfuum se naam is totdat hy op sy knie gegaan het nie!
Wanneer beplan julle om te trou?
17 Oktober 2015
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Rolene van der Merwe