Dit was op ʼn romantiese naweek in die skone Drakensberge waar Alex sy mooi meisie vra om sy vrou te word. Bianca lyk sprokiesmooi in ʼn trourok van Bridal Manor toe sy aan die arm van haar pa die kapel binnestap. Haar mooi glimlag is spesiaal vir haar toekomstige man wat senuweeagtig by die altaar wag. Ons by Mooi Troues wens hulle ʼn huwelikslewe toe wat net so mooi soos hul troudag sal strek, tot in lente van dae.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons het ontmoet by Gold Reef City dertien jaar gelede by ‘n vriendin se verjaarsdag partytjie.
Hoe het julle verloof geraak?
Alex is die romantiese tipe. Hy het my weggeneem vir die naweek na die beeldskone Drakensberge en my verras met ‘n piekniek wat uitgedraai het met Alex op een knie en my gevra het om te trou. Min wetende het hy ‘n fotograaf gehuur het om elke oomblikke van die gebeurtenis vas te vang.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons het 5 jaar uitgegaan en was vir die volgende 8 maande daarna verloof.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Koester elke dag saam en waardeer mekaar. Luister, eer en respekteer mekaar.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Hare: Unique hair by Dina
- Grimering: Image by Suna
- Alex se troupak: Zara Man
- Foto en videograaf: Mightyfine
- Koek: Cakes for Africa
- Venue: Tres Jolie function and wedding venue
- Trourok: Bridal Manor Pretoria