Wilma & David se selfdoen plaas troue

Die liefde is soos ‘n rivier wat vinnig ‘n stroom vol maak en rigting kry maar soms sal ‘n sytak opdroog  vir ‘n wyle.  Wanneer die tyd weer reg is sal die droë rivierloop weer vol raak en die lande bereik waar dit lewe en groei kan voortbring.  So was dit met  Wilma en David se liefde wat opgedroog het maar toe die water van die liefde weer na tien jaar oor hul lande spoel was daar geen keer aan die groei van hul verhouding nie.  Die mooi blonde bruid straal op haar troudag en lyk sprokies mooi.  Haar aantreklike bruidegom sukkel om sy emosies te beheer toe sy aan haar pa se arm vir die seremonie opdaag. Dit is duidelik op die fotos dat elke gas en familielid elke oomblik van hul troudag saam met hulle geniet. Die pasgetroudes kan uit ‘n volwasse oogpunt ‘n huwelik bou op ervaring en wysheid  verseker wees dat hul groot dag die begin van ‘n rivierloop van liefde gaan wees wat nooit op sal ophou vloei nie.

Wilma & David_0002 Wilma & David_0003 Wilma & David_0004Wilma & David_0005 Wilma & David_0006 Wilma & David_0007 Wilma & David_0008Wilma & David_0009 Wilma & David_0010 Wilma & David_0011 Wilma & David_0012 Wilma & David_0013


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ek en David het 10 jaar terug op universiteit uitgegaan.  Hy was in Afslaan en ek in Skoonveld in die koshuis op RAU. Ons het toe uitgemaak (oor ‘n baie simpel rede, ek was daardie tyd bietjie baie vol nonsens…) en nie regtig weer kontak na universiteit gehad nie. Ons het geweet dat dit nooit toe sou uitwerk nie.  Die lewe moes eers draaie met ons albei loop om ons reg te maak vir mekaar. Ons altwee het redelike harde paadjies geloop in die 10j aar wat ons uit was. Ons altwee het sterker mense daaruit gekom en waardeer mekaar nou meer as ooit! Ek het vir hom na 10 jaar die eerste weer op sy verjaardag vir hom ‘n “Geluk met jou verjaardag” boodskap gestuur en van daar af het ons elke dag gepraat en was dit asof daar niks tyd tussen ons verby gegaan het nie. Ons is mekaar se beste vriende.


Wilma & David_0014 Wilma & David_0015Wilma & David_0016 Wilma & David_0017


Hoe het julle verloof geraak?

David het alles baie mooi beplan en vir my alles ‘n groot verrassing gehou. Ons sou volgens hom by vriende in Dundee gaan kuier het daardie naweek en na ‘n klomp kinkels in die kabel  en almal wat baie goed saamgespeel het, het hy my tydens ‘n  Canopy Tour by Karkloof op die een platform by ‘n Waterval gevra om te trou (ons is albei avontuurlustige mense) Ons het toe vir die naweek bespreek by Nambiti Plains Wildreservaat waar hul ons uit ons skoene uit bederf het die hele naweek! Dis was regtig baie spesiaal.


Wilma & David_0018 Wilma & David_0019 Wilma & David_0020 Wilma & David_0021 Wilma & David_0022 Wilma & David_0023 Wilma & David_0024 Wilma & David_0025 Wilma & David_0026 Wilma & David_0027Wilma & David_0028 Wilma & David_0029


Hoe lank was julle saam voordat julle getrou het?

Vir die 2de keer…’n jaar en ‘n maand…(ons het mekaar 3 jaar op universiteit geken 10 jaar terug…)


Wilma & David_0030 Wilma & David_0031 Wilma & David_0032 Wilma & David_0033 Wilma & David_0034 Wilma & David_0035 Wilma & David_0036 Wilma & David_0037 Wilma & David_0038 Wilma & David_0039 Wilma & David_0040


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Omdat ons op ‘n meer volwasse stadium in ons lewe getrou het, ek is 32 en David 33, het ons al geleer dat die lewe oor baie meer gaan as om oor klein goedjies bekommerd te wees en vas te sit. Ons albei is gemaklik met wie ons is en wie mekaar is, en geniet net mekaar. Ons probeer soveel as moontlik kwaliteit tyd saam spandeer en doen lekker goed saam.  “Don’t sweat the small stuff,” die lewe is te kort daarvoor en dis nie die moeite werd nie. ‘n Troue gaan daaroor om op daardie dag met die liefde van jou lewe te trou en niks anders nie.  As daar iets verkeerd of nie volgens plan loop nie, moenie dat dit jou hele dag ontstel nie.  Geniet elke oomblik en die wonderlike dag om al jou hartsmense op een slag bymekaar te hê en te “celebrate”!!


Wilma & David_0041 Wilma & David_0042 Wilma & David_0043 Wilma & David_0044 Wilma & David_0045 Wilma & David_0046 Wilma & David_0047 Wilma & David_0048 Wilma & David_0049 Wilma & David_0050 Wilma & David_0051 Wilma & David_0052 Wilma & David_0053 Wilma & David_0054 Wilma & David_0055 Wilma & David_0056 Wilma & David_0057 Wilma & David_0058 Wilma & David_0059 Wilma & David_0060 Wilma & David_0061 Wilma & David_0062 Wilma & David_0063 Wilma & David_0064 Wilma & David_0065 Wilma & David_0066 Wilma & David_0067 Wilma & David_0068

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Pastoor: Frikkie du Toit
  • Seremoniemeester: Frikkie du Toit
  • Solo by Seremonie: Nadia Beukes
  • Fotograaf: Leandri Kers
  • Videograaf: Jacques Crafford
  • Hare en Grimering: Wilna Allpass Professional Makeup
  • Hare van beide moeders: Lisa Campbell @ Legends Hair Design
  • Grimering van beide moeders: Beatrice Brooks @ Fusions Hair & Makeup
  • Koek verskaffer: Crown Cakes
  • Skryfbehoeftes: Blitsdruk
  • Rok: Olivelli George
  • Dekor & blomme: Ma van die bruid, bruid, broer van die bruid en strooimeisies
  • Venue: Klipskuur – Celeste Leonard
  • Platejoggie: Klipskuur -Nelis Leonard
  • Troukar: Jeep – Klipskuur

[endsection]