Dit is nie in die koue Londen waar Lochner en Nerissa mekaar ontmoet nie maar eers toe albei terugtrek na sonnige Suid Afrika. By mooi troues hoor ons gereeld dat paartjies reeds met die eerste ontmoeting aan gevoel het dat hulle vir mekaar bedoel is. So was dit ook met die mooi paartjie. Op ‘n strandjie in Transkei vra Lochner die vrou van sy drome om te trou. Lochner en sy kap dit uit op die dansvloer terwyl die platejoggie vir musiek sorg wat in almal se smaak val en die voete laat juk.
Verse uit Korintiërs 13 se verse besing die liefde agter op die bruidspaar en hul gevolg se hempies. Die bruidspaar bewys hierin dat hul geloof sterk en hul liefde bedoel is om vir ewige te bestaan.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Met ‘n gemeenskaplike vriend en die feit dat ons altwee in Londen gewoon het, sou mens dink dat ons mekaar al vroeër sou ontmoet, maar dit was eers nadat ons albei terug was in SA by ‘n wynfees dat ons paadjies vir die eerste keer gekruis het in Junie 2013.
Hoe het julle verloof geraak en hoe lank was julle saam voordat julle getrou het?
Dit klink cliché, maar dit was liefde met eerste oogopslag en ons het net geweet dat ons ons ‘One & Only’ ontmoet het. Ons wou nie verder tyd mors nie so in ‘n neutedop -ons het ontmoet in Junie 2013, ek het afgetrek na Kaapstad in Oktober en dieselfde jaar het Lochner my die groot vraag gevra op ‘n strand in die Transkei op Desember 2014. Die groot dag was toe op 31 Oktober 2015.
Meer informasie oor die tema?
Die troue se tema was ‘boere-chic’ ontmoet vintage met tikkies pastel. Ons wou ‘n elegante ‘look’ hê maar op dieselfde tyd ‘n warm atmosfeer vir ons gaste skep en met lente wat sopas aangebreek het en Somer om die draai, watter beter kleure kan mens dan kies as romantiese skakerings van pienk, pers, bloue en groen met koning proteas, vetplante, sagte beligting en smul lekker kos!
Advies aan ander paartjies?
Die advies wat ons vir ander paartjies wil gee wat trou, is laat julle persoonlikheid wys deur alle aspekte van julle troue, van die uitnodigings tot by die dekor. Dit is julle dag en geniet elke liewe oomblik daarvan, vanaf die beplanning regdeur tot die einde toe. Dit is waarlik die mees “amazingste” tyd van jou lewe.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Trourok: Bridal Room
- Hare: Elona Bruyns
- Grimering: Amelia Kotze
- Fotograaf: Alicia S Photography
- Videograaf: Nathan Brooks
- Dekor & Blomme: Sitting Pretty
- Venue & Kos: Delsma Farm
- Koek: Bliss Novelty Cakes
- Lochner se pak: EuroSuit
- Platejoggie: Andy Hawes, Cape Dj’s