Johann & Mia se troue

Toeval is maar net God se manier om anoniem te bly.  Die dag toe Mia by ʼn lughawe oor ʼn voet oorgang stap was dit so bestem dat Jaco saam met ʼn vriend van haar in die wagtende motor is. Die vriend klim uit om haar te groet en hulle maak ʼn afspraak dat sy en haar vriendinne hulle die aand vir ʼn drankie ontmoet. Deur die loop van die aand begin sy en Jaco gesels en dit kom toe uit dat hul ouers vir jare bure was en nog steeds goeie vriende is.

Op ʼn balkon in Clifton vra hy haar om sy vrou te word dieselfde dag wat hy op pad is om in Japan te gaan rugby speel.

Die mooi paartjie trou op ʼn wolkloos dag op die skilderagtige Morgensvlei Landgoed. Die fotograaf, Gustav Klotz Photography, is op hul troudag daar om fotos te neem.  Hy oortref homself met elke foto wat hy neem. Ons by Mooi Troues hou in besonder van die fotos waar die bruidspaar tussen goue koringare in ʼn land poseer. Welgedaan Gustav, jy mag maar.

Johann en Mia se troue_0001Johann en Mia se troue_0002Johann en Mia se troue_0003 Johann en Mia se troue_0004 Johann en Mia se troue_0005Johann en Mia se troue_0006 Johann en Mia se troue_0007 Johann en Mia se troue_0008 Johann en Mia se troue_0009Johann en Mia se troue_0010


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ek het op Port Elizabeth lughawe geland en op pad na my kar toe, stop daar ʼn kar vir my om oor die sebrastreep te stap. Daar was ʼn vriend van my in die kar en hy klim toe uit om my te groet. Ons reël toe sommer daar dat ek en my vriendinne vir hulle die aand sal ontmoet om iets te gaan drink. Na ʼn paar gesprekke het ek en Johann besef dat ons ouers 15-jaar gelede bure was en nog steeds goeie vriende is. Ons het dadelik goed oor die weg gekom en min het ek geweet dat ek my man daardie aand ontmoet het.


Johann en Mia se troue_0011 Johann en Mia se troue_0012Johann en Mia se troue_0013 Johann en Mia se troue_0014 Johann en Mia se troue_0015 Johann en Mia se troue_0016


Hoe het julle verloof geraak?

Johann het vir my na ʼn baie mooi plek in Clifton gevat.  Toe ek die volgende oggend wakker word was daar ʼn skootrekenaar met ʼn briefie langs my bed.  Ons gunsteling liedjie het gespeel en ons 4-jaar se foto’s het van begin tot einde gespeel.  Aan die einde van die video het hy vir my gevra om uit te gaan na die stoep toe.  Toe ek uitstap het hy daar gestaan en op sy knie gegaan en die groot vraag gevra.  Dit was dieselfde dag gewees wat hy Japan toe moes gaan om rugby daar te gaan speel.  Ek het dit glad nie verwag nie, maar was definitief iets spesiaal gewees om aan vas te hou vir die tydperk wat hy weg was.


Johann en Mia se troue_0017 Johann en Mia se troue_0018 Johann en Mia se troue_0019 Johann en Mia se troue_0020 Johann en Mia se troue_0021 Johann en Mia se troue_0022 Johann en Mia se troue_0023 Johann en Mia se troue_0024 Johann en Mia se troue_0025 Johann en Mia se troue_0026 Johann en Mia se troue_0027 Johann en Mia se troue_0028 Johann en Mia se troue_0029 Johann en Mia se troue_0030 Johann en Mia se troue_0031


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

Ons het 4-jaar lank uitgegaan voordat ons verloof geraak het.  Drie van die vier jaar was ons in ʼn langafstand verhouding.  In ons 4de jaar het ons albei in Bloemfontein gaan woon. Johann het vir 6 maande in Japan gaan rugby speel net nadat ons verloof geraak het.  Ek het daar gaan kuier en het begin om my troue van daar af te reël.  Ons het weer Bloemfontein toe gekom vir 6 maande, waar ons weer daarna Frankryk toe verhuis het.  Ons was ʼn jaar en ʼn half verloof voordat ons getrou het.


Johann en Mia se troue_0032 Johann en Mia se troue_0033 Johann en Mia se troue_0034 Johann en Mia se troue_0035 Johann en Mia se troue_0036 Johann en Mia se troue_0037 Johann en Mia se troue_0038 Johann en Mia se troue_0039 Johann en Mia se troue_0040


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

My advies aan bruide wat ʼn troue oor ʼn afstand moet reël, uit ʼn ander land of plek uit, is kry vir jou ʼn “‘wedding planner” van die begin af. Dit sal jou baie stres spaar, maar bly ophoogte van wat sy doen en neem deel aan al die finale besluite. As jy nie van een gebruik wil maak nie, moenie huiwer om jou bruidsmeisies te vra vir hulp nie. Hulle het “ja” gesê juis om jou by te staan met reëlings en enige iets anders waar jy hulp nodig het. Geniet jou troudag en onthou dat dis net jy wat weet as iets verkeerd loop, jou gaste was nie deel van die beplanning om te weet as iets nie is soos wat jy dit wou gehad het nie.

Ons advies vir ander paartjies is geniet elke oomblik van julle groot dag, want dis so spesiaal en dit gaan so vinnig verby.

**Gaan slaap elke aand in vrede, begin elke dag nuut**


Johann en Mia se troue_0041 Johann en Mia se troue_0042 Johann en Mia se troue_0043 Johann en Mia se troue_0044 Johann en Mia se troue_0045 Johann en Mia se troue_0046 Johann en Mia se troue_0047 Johann en Mia se troue_0048 Johann en Mia se troue_0049 Johann en Mia se troue_0050 Johann en Mia se troue_0051

    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    [endsection]