Alhoewel die mooie Sone heeltyd onder sy neus was, sien Herman haar eers een aand op ‘n funksie raak. Die volgende dag nooi hy haar op Facebook uit om ‘n vriend te word. Sy aanvaar en hulle begin gou lekker gesels. Die twee begin by mekaar kuier en daarvandaan is dit geskiedenis. Onder die gedruis van ‘n waterval naby Magoebaskloof vra hy haar hom sy vrou te word terwyl hulle gunsteling liedjie op die agtergrond speel.
Sy lyk beeldskoon in ‘n mooi rok met ‘n koraal kleurige onderstuk tydens hul verlowing se fotosessie. Die fotograaf maak seker dat hy elke intieme oomblik wat die paartjie deel, perfek vasvang. Terwyl 4 vliegtuie in formasie hoog in die blou lug verby snel, soen Hermann sy toekomstige vrou innig. Ons by Mooi troues wens hulle ‘n troudag net so groot en mooi toe as die Boeings op die agtergrond van hierdie merkwaardige fotos.
Hoe het julle mekaar ontmoet?
Ons albei is van dieselfde omgewing tog het ons mekaar net nooit voorheen gesien nie. Hermann het my een aand by ‘n funksie vir die eerste keer raak gesien. Hy het die volgende my op facebook bevriend. Ons het begin gesels en elke naweek saam begin kuier.
Hoe julle verloof geraak:
Ons was ‘n naweek weg na die damhuis by Ebenezerdam. Die Saterdag het ons gaan Zipline doen by Magoebaskloof en daarna het ons besluit om n draai met die boot gaan ry en sommer by die waterval te braai. Ons spesiale liedjie het begin speel. Hermann my gevra om by hom te gaan staan en toe op sy knieë gaan en die groot vraag gevra.
Wanneer trou julle ons:
Ons trou die 16de April 2016 by Bordaeux Game Farm. ‘n Pragtige venue in die bosveld.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Charl vd Merwe