Kelly het aan Ruan bewys sy sien vir enige iets saam met hom kans toe hulle 18 m vêr val pas nadat hy haar gevra het om sy vrou te word. Dit was by Adrenaline Addo se “Big Swing.” Hulle was vir 3 jaar net onderwys studente wat mekaar tydens geselsies en werkstukke al hoe beter leer ken het. Die liefde het geblom, net so mooi soos die yslike protea wat Kelly in haar hand hou toe sy aan haar pa se arm te voorskyn kom op hul troudag. ‘n Lang rooi tapyt is uitgerol na die rietdak buitelug kapel waar hulle ewige trou aan mekaar sweer. Sy lyk asemrowend mooi in haar skouerlose trourok en fyn geel rosies wat in haar hare gevleg is. Die bruidspaar se voorneme is om hul huwelik sterk te hou deur op ‘n voltydse basis met mekaar te kommunikeer. Dit is voorwaar ‘n sterk fondament wat sal keer dat hul huwelikspad sonder enige afdraaipaadjies gaan wees.
Hoe het julle ontmoet?
Ons het saam onderwys studeer. Ons het mekaar nie geken nie en toevallig was my vriende ook sy vriende, en so het die vriende ons aan mekaar voorgestel. In klasse het hy meer en meer langs my kom sit en ons het mekaar as studente leer ken en beter vriende geraak. Ons was vir meer as twee jaar eers net vriende gewees en in ons laaste jaar van studeer het dit vlam gevat en die liefde het begin brand.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons het die oggend in die kar geklim onwetend was hy besig om my na Adrenaline Addo toe te vat. Daar het ons gestop en ons het by die grond paadjie afgestap. Ons het by die ontvangs gestop en daar het hulle vir ons ‘n harnas aangetrek. Ons het toe na die “Big Swing” gegaan en terwyl ons in die lug gewag het het hy my gevra om te trou. En net soos ek die Ja-woord gegee het, het ons vanaf 18 m geval en geswaai in die lug. Dit was ‘n onbeskryflike gevoel.
Hoe lank was jul saam voordat jul getrou het?
Ons het mekaar vir 4 jaar geken as vriende wat saam klas geloop het op universiteit, saam take gedoen het en werk saam geleer het. Ons het as vriende gereeld saam gekuier en so ook mekaar beter leer ken. In daardie 4 jaar was ons vir 1 jaar en twee maande saam in ‘n verhouding en ons was vir 6 maande verloof voordat ons getrou het.
Advies wat jul aan ander paartjies kan gee?
Kommunikasie, kommunikasie, kommunikasie. Kommunikasie is uiters belangrik in ‘n verhouding en vir ons ‘n kern aspek van enige verhouding of selfs ‘n huwelik . Praat oor alles selfs die klein dinge wat in ‘n dag gebeur. Jy moet niks weg hou van mekaar nie en moet gemaklik kan voel om te sê hoe jy voel. Dit is ‘n goeie manier om werklike vertroue tussen mekaar te kan opbou en ook ‘n sterk en eerlike verhouding te hê. En dan natuurlik, sê so nou en dan “Ek het jou lief!”
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Charlene Channon Photography
- Blomme: Sonet Jordaan en bruid
- Rok: Johan Wolmarans
- Dekor: Sonet Jordaan en bruid
- Dekor gehuur: Hire it
- Grimering: Hair and beauty, Sunridge
- Hare: Hair and beauty, Sunridge
- Koek: Carmin Hattingh
- Musiek: Wings Mobile Disco
- Prokureurs: Rosche Mathee
- Uitnodigings gedoen: Mr. Wedding Card
- Venue: Ukuphupha