Canal Walk se 15de Bruidskou

bruidskou

Canal Walk winkelsentrum se 15de Bruidskou


As jy besig is om jou troue te beplan, moet jy ‘n draai maak by Canal Walk se bruidskou.  Die Canal Walk winkel sentrum bied hierdie jaar hulle 15de bruidskou aan.

Vanaf Vrydag 19 Februarie tot 21 Februarie 2016, sal Canal Walk gevul wees met trou idees.  Dit sluit in trou rokke, venues, fotografie, blomme, verhurings, koeke, skryfbehoeftes, grimering en hare en vele meer!  Daar sal omtrent 200 verskillende diensverskaffers wees wat die nuutste tendense in die trou industrie met jou sal deel.  Jy sal baie van jou te doen lysie kan dood trek.

Pryse


Om dinge nog meer opwindend te maak, sal daar een fantastiese prys ter waarde van R 255 000 weg gegee word.  Die kompetisie se naam is “Wen ‘n Troue” kompetisie.  Die fantastiese prys sluit in die venue, troukoek, werkers en opstel van die venue deur Beanstalk Catering, Weddings & Function Hire.  Dit sal plaasvind by die pragtige venue Ou Stal Equestrian Estate.  Fotografie en videografie deur Creative Nook Events, Photography & Decor, ‘n ontwerper rok deur Anje Bridal Couture, en ‘n grimering en hare pakket vanaf Almari Exclusive Stylist is ook ingesluit.  Die talentvolle Lezanne’s Designs voorsien die skryfbehoeftes.  Die platejoggie, klank en ligte sal deur Legacy of Sound voorsien word.  Julle sal ook ‘n twee nagte Full Love Safari pakket van Garden Route Game Lodge ontvang. Terme en Voorwaardes geld.

Al wat jy hoef te doen om ‘n kans te staan om hierdie fantastiese prys te wen, is om in te skryf by een van die inligting toonbanke binne Canal Walk.

Die pragtige versierde sentrum hof sal ‘n vertoonvenster vir die volgende wees: ‘n “Cake on a Swing” ontwerp deur die kreatiewe Cakes by Wade en ‘n verskeidenheid skouspelagtige koeke wat kompeteer vir die eerste plek in die troukoek kompetisie. Geniet die addisionele attraksies soos musiek, dans en vermaak, interaktiewe uitstallings, hare en grimering idees, weggeepryse en vele meer, wanneer jy die jaar Canal Walk se vyftiende bruidskou bywoon. Toegang is gratis en die uitstallers kan besoek word vanaf 9 vm tot 9 nm.

Jy kan meer inligting oor die bruidskou vind deur hulle webtuiste te besoek (klik hier) of volg hulle op Facebook (klik hier).