Niel en Leani is albei passievol oor kos maak en kos eet en die paartjie het hulle gesamentlike passie deel gemaak van hulle mooi verlowing sessie by Rosemary Hill. Die oulikste deel van die paartjie se storie is dat hulle verloof geraak het in hulle sitkamer onder feetjie-liggies en heerlike tuisgemaakte pasta en sjampanje kolwyntjies. Die paartjie het getrou 7 Maart 2015. Hierdie verlowing sessie is definitief ‘n inspirasie vir baie paartjies wat besig is om hulle troue te beplan.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons het ontmoet deur ‘n gesamentlike vriend. Ek en Japie was saam op skool en Neil en Japie was saam in die koshuis op universiteit.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons is albei erg lief vir kos maak en kos eet. Op 18 Oktober 2014 (ons 5 jaar herdenking vandat ons begin uitgaan het) het hy ons huis behang met fairy lights en vir my ‘n ete voorberei van tuisgemaakte vars pasta en sjampanje kolwyntjies (albei my gunsteling)! Hy het op sy knie gegaan in ons sitkamer met die mooiste ring in ‘n “puzzle box” en liggies wat skitter.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Grace Studios |
- Venue: Rosemary Hill
- Props: Selfdoen