Ons deel vandag MG en Surene se mooi plaas troue met jou. Hierdie troue is definitief een wat jy nie moet mis kyk nie. Ons is mal oor plaas troues, veral as dit ‘n regte lekker plaas troue soos MG & Surene sin is. Die paartjie het ontmoet soos regte verliefde paartjies sou in ‘n Romantiese boek verhaal, op ‘n “blind date” het hulle padjies die heel eerste keer ontmoet. Die paartjie se trou dekor is so eenvoudig en mooi en pas perfek in by die plaas gevoel. Ons is mal daaroor dat hulle die stal net so gehou het en net met bossies uit die dak die stal bietjie van ‘n elegante gevoel te gee. Die talentvolle en fantastiese fotograaf, Carmen Visser het die paartjie se spesiale dag vasgevang in die mooiste foto’s wat jou sommer ‘n lekker plaas troue wil laat hê. Carmen se foto’s weerspieël die emosie van die dag deur een enkele foto. Geniet die mooi troues en onthou om dit met al jou vriendinne te deel, of hulle nou trou of nie, almal sal mal wees oor hierdie oulike troue.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ek het kaartjies gehad na ‘n konsert op ‘n wynplaas, maar nie ‘n metgesel nie. Een van ons gemeenskaplike vriende besluit toe om die “blind date” te reël, ek wou eers nie gaan nie, maar later tog wel ingestem, so het ons padjies gekruis.
Hoe het julle verloof geraak?
Ek het altyd gedroom oor hoe ons verloof sou raak, maar die dag wou net nie kom nie, later het ek die dromery opsy geskuif. Eendag in Maart, toe ek dit die minste verwag toe vra MG my om saam met hom te gaan stap en die Nerina blomme te gaan kyk. Die lus vir stap was maar min, maar ek stap toe saam. Nerina blomme gekyk en toe moet daar nog oor die land gestap word. Met “Pumps” stap ek toe oor die klipperige land na ‘n groot klip massa. Aangekom by die klip massa haal MG ‘n Klein boksie uit sy sak en druk dit in my hand, my hart begin baie vinnig klop! Toe ek die boksie oop maak is daar ‘n charmpie in met 2 ringetjies aan. Ek wonder toe hieroor en vra hom wat dit nou beteken? Sy antwoord – dit beteken net ek oorweeg dit om dalk eendag met jou te trou… Daar sak my moed in my skoen… EENDAG – ai, wanneer kom eendag nou. Ons stap toe maar nog verder. Toe ek so om die groot klip massa stap, toe sien ek dit… ‘n Nerina blom, sjampanje met 2 glase, ‘n kombersie en ‘n boksie… Toe ek so omdraai toe staan hy op sy knieë.
Advies vir ander paartjies:
Doen wat vir jou mooi is, dit is jou troue! Op jou troudag, raak stil en asem elke oomblik in, dit gaan hopeloos te gou verby.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Carmen Visser
- Skryfbehoeftes, dekor en koördinering: Cinnamon Creations
- Blomme en dekor: AlsMoi
- Videograaf: Popped Red Balloon Productions
- Trourok: Maryke Jeneke
- Grimering: Carla Rademeyr en Marguerite Maree
- Hare: Annemi van Graan, Hair by Me
- Troukoek: Krummels Kuns Koekies
- Kos: Ronel Smuts en Suria Manning
- Venue: Privaat Plaas