Ons deel vandag Pieter en Marlene se verlowing fotosessie met jou. Jy kan sommer onmiddellik die paartjie se sprankelende persoonlikhede raaksien as jy deur hulle baie prettige verlowing fotoโs gaan. Hulle het die stad as hulle verlowing fotosessie se tema gebruik. Dit is โn kleurvolle fotosessie wat later af geรซindig het met gekleurde poeier. Nou 2 jaar later staan ons op trou. DGR Photography het hulle talentvolle oog gebruik om die paartjie se liefdes verhaal mooi vas te vang op fotoโs.
Hoe het julle ontmoet?
Ons het mekaar in 2008 ontmoet, albei van ons was in verskillende fases in ons lewens0 en so het ons paadjie toe maar weer geskei. Ek was in โn ander verhouding en het Pretoria toe getrek, min het ek geweet dat ware liefde my gou gaan vind.
In 2013 het ons mekaar weer ontmoet by Pieter se vaarwel partytjie. Pieter het 2 weke daar na Mosambiek toe getrek vir werk. Daardie aand het ek en Pieter gou aan die gesels geraak. Skielik het ek myself verlief en verlore gevind โฆ
Hoe het julle verloof geraak?
Ek het gedroom van my ridder op sy wit perdโฆmin het ek geweet my ridder in die Fortuner sou my held wees. Hy het gesรช hy wil hรช die families moet bietjie braai en bymekaar kom. Ons het by ons huisie bymekaar gekom en sowaar, hier val die man almal mos in die rede en se hy wil iets sรช. Hy het op sy knie gegaan soos man betaam en voor al die belangrike mense in ons lewens na my hand gevra. Natuurlik soos almal my ken het ek โneeโ gesรช (ek moes hom bietjie terg). Gelukkig net voordat hy dalk flou val het ek baie vinnig gesรช โJaโ.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy โn internet konneksie het en โn toestel wat gekonnekteer is tot โn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of โn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy โn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: DGR Photography